Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Flankeerkuns bly in die slag agter maskers
Martie Retief Meiring

Wat het tog van flirtasie in die pandemie geword?

Nogal ’n geldige vraag in hierdie dae van verlies en verwarring.

Sê die klaarblyklike masker-kenner aan ons goed afstandbeheerde teetafel: deesdae se maskers doen dit nie vir haar nie. Versier hom soos jy wil, maar dis nie of vandag se masker hoegenaamd iets soos die maskers van die jaarlikse maskerbal in Venesië is nie.

Die romanse, die geheimsinnigheid, die blote flirtasie is daarmee heen.

Niemand sien kans om agter ’n versmorende masker met die oë te speel nie. Al wat jy sien in sulke oë is angstigheid. Ons tafelgenoot is nie ’n sielkundige nie, selfs nie ’n gegradueerde filosoof nie, nogtans is sy goed geskool in wat sy die smaak en geur van flirtasie noem. Soos: flirtasie is iets tussen ’n stiergeveg en ’n wandeling in die tuin: gevaarlik en heerlik.

Sjoe, voel die rillings ruglangs.

Ek het ’n klassieke flirtasie jare gelede beleef.

As jong joernalis vergesel ek die omstrede en moontlik pro-Nazi-historikus sir Arthur Bryant van Engeland op ’n besoek aan die beroemde Fairfield, naby Caledon, die plaas van toe wyle maj. Piet van der Byl, hoogs-gedekoreerde pro-Britse soldaat.

Flirt, die woord is glo in die 16de eeu al in Engeland bekend en het gou internasionaal geword, en is amper soos poeding: lekker, miskien gevaarlik.

 Die veelgeroemde, beeldskone weduwee Van der Byl het steeds daar gebly en het die ietwat lywige historikus met groot sjarme op die stoep ontvang en die huis ingelei. Voor ’n yslike portret van die jonger mevrou Van der Byl het die ou moontlik pro-Nazi-flankeerder uitasem gesug: “Oh, how extraordinary beautiful.”

Waarop die weduwee, amper of agter ’n uitgespreide waaier-masker, geantwoord het, “Oh, thank you, dear sir, I imagine I was beautiful once.”

Staan ek, oopmond verbaas oor sulke flirtasie – en dit nogal onder sulke oumense. Seker toe al goed in die 60 ook.

Flirt, die woord is glo in die 16de eeu al in Engeland bekend en het gou internasionaal geword, en is amper soos poeding: lekker, miskien gevaarlik. Soos Fanus Rautenbach se beroemde vertelling van die lompe voornemende vryer: “Vir ’n vet meisie sweet jy darem min.”

Flirtasie kan ook begin met die daardie ou lekkertjie wat die gr. 3-seuntjie op die lessenaar van die meisie oorkant die paadjie sit. Sy hartjie bons. Toe breek dit. Die meisie gooi die lekkertjie in die paadjie, wip haar neusie.

My kundige vriendin meen die pandemie het dalk ander flirtasie-verskynsels na vore gebring.

Portale. Jou vingers doen die vrywerk. Eindelose digitale moontlikhede, waaronder Tinder, is daar om met enige waarheid of onwaarheid, enige ou foto of bedrogfoto mee in die kuberruim te flankeer.

Helaas, dié soort flirtasie het bewys dat mans dikwels predatories is en vroue regte ou fools wat laaste spaargeldjies sal kwytraak om die nuwe Don Juan uit ’n gewoonlik tydelike penarie te red.

Só doof die pandemie regte, outydse flirtasies.

Net die verbeelding bly oor.

Klink vir my na ’n droewige verlies.

Meer oor:  Martie Retief-Meiring  |  Romanse  |  Seks  |  Koronavirus  |  Liefde  |  Maskers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.