SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Menings
Frans Cronje: Boere moet die moed hê om vir hulself te veg

Dit was my voorreg om oor die afgelope maand boere vanoor die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap heen toe te spreek.

Op elke geleentheid het ek die storie van Steve Biko vertel wat, toe hy met die hopeloosheid van sy eie mense gekonfronteer was, onder baie erger omstandighede as wat ons moet trotseer, gesê het: “Daar is niks magtiger in die hande van die onderdrukker as die ingesteldheid van die onderdrukte nie.”

Ek het verder gegaan en gesê dat indien iemand by jou huis opdaag en jou ’n dief en ’n verkragter noem en dreig om jou besigheid te verwoes, jy dit nie sal duld nie.

So, waarom doen jy niks as die regering of die een of ander akademikus dit doen nie? Hoekom verdra jy dit dan? Dit is ongelooflik, veral as die mense wat op dié manier beledig word een van die grootste bates is wat hierdie land nog het.

Ek glo vas dat ons boere en ons land ’n toekoms het, maar net as hulle self ’n onwrikbare besluit neem om nie langer die mishandeling en leuens te verdra nie.

Sonder die moed om vir hulself te veg, hoe kan hulle verwag dat iemand anders dit moet doen – of hoop om buitestanders na hul kant oor te haal sodat hulle met respek behandel word?

Tydens die gesprekke het ek boere verseker dat as hulle vir hulself opkom daar ’n baie goeie kans is dat hulle gaan wen – en nie net vir hulself nie, maar, baie belangriker nog, dat hulle ook ander sal inspireer om nee te sê vir ’n wrede en verdelende regering en aan te dring op verstandige beleid wat ’n stabiele en voor­spoedige toekoms vir alle Suid-Afrikaners kan verseker.

...baie swart mense weet eerstehands hoe dit voel om in ’n land te leef waar jy die reg op ’n transportakte ontsê word – die kans om te sê dit is myne, die voordeel van my harde werk.

Laastens het ek die kwessie van swart en wit boere gepak deur te sê dat swart boere twee strategiese voordele het bo hul wit medeboere. Die eerste is dat hulle beter as baie wit mense verstaan waartoe die ANC in staat is. Die ANC het die vermoë tot veel wat goed is en het in die tydperk ná 1994 ’n tyd lank goed gedoen, maar hy koester ook ’n vermoë tot uiterste wreedheid en verwaarlosing.

Dink aan die man wat voor die Zondo-kommissie getuig het oor hoe hy staatsveeartsenykundige hulp ontsê is omdat hy nie kon demonstreer dat hy getrou aan die party was nie. Swart mense weet beter as wit mense van die risiko’s om die ANC te laat besluit wie eiendom mag besit.

Die tweede is dat baie swart mense eerstehands weet hoe dit voel om in ’n land te leef waar jy die reg op ’n transportakte ontsê word – die kans om te sê dit is myne, die voordeel van my harde werk.

My kollega Temba Nolutshungu het ’n aantal jare gelede opgemerk dat, nadat so hard geveg is vir die geleentheid om eiendom te besit, dit waansinnig is hoeveel swart mense skynbaar gewillig is om dié reg aan die staat oor te gee.

Die enigste manier om nuwe toetreders tot kommer­siële boerdery te ondersteun is deur middel van transportaktes, goedkoop finansiering en baie doeltreffende voorligtingsdienste. Dit is die model waarop die sukses van die Suid-Afrikaanse kommersiële boerderybedryf gebou is, en, veral in die lig van ons land se geskiedenis, verdien swart mense niks minder as die volle voordele van daardie selfde model nie.

Boere moet oppas vir pogings van die regering om te verdeel en heers. Hulle moet versigtig besluit wie hul bondgenote is. Hulle is almal – in die eerste plek – kommersiële boere. Wat met kommersiële boere gebeur, sal bepaal wat uiteindelik met almal gebeur.

Meer oor:  Frans Cronje  |  Die Ander Kant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.