Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Frans Cronjé: Dis nog steeds nie tyd om gerus te raak

Soveel gebeur in ons land dat dit soms soos ’n vermorsing voel om hierdie rubriek aan net een vraagstuk op ’n slag te wy. Hierdie aflewering roer sewe kwessies aan – as’t ware ’n dagboekinskrywing van ’n tipiese week by ’n Suid-Afrikaanse dinksentrum.

Helen Zille het ’n baie dapper standpunt teenoor rasse-stigmatisering ingeneem en verdien om ondersteun te word. Haar opmerkings oor swart bevoorregting is heeltemal korrek en ’n knap uiteensetting van hoe verkeerd dit is om mense volgens hul ras te beoordeel.

Verskeie van my kollegas het Nampo bygewoon en berig dat baie boere en verwante entiteite oorgerus geraak het oor die bedreiging van onteiening sonder vergoeding. Ek het dieselfde ondervinding gehad en is selfs gelukgewens met die oorwinning van die geveg teen onteiening sonder vergoeding. Ek wens dit was die geval. Die regering gaan binnekort ’n baie gevaarlike plan aankondig.

’n Senior kollega het pas teruggekeer uit China. Ons is selfs meer beïndruk deur die Chinese en hul begrip van Afrika. Westerse diplomate steek sleg af by Afrika-strateë. Die Chinese het meer as enige ander groep in die mens se geskiedenis gedoen om vlakke van menslike armoede en ellende uit te wis. Toenemende Chinese invloed sou dieselfde in Afrika kon regkry.

Hieraan verwant wil ek ’n beroep op u doen om een van die dapperste Suid-Afrikaners wat u ooit sal ontmoet te ondersteun.

My kollegas het met ’n veldtog begin om “die middelgroep” van ordentlike, hardwerkende, gesinsgerigte Suid-Afrikaners – ryk en arm, swart en wit, wat dieselfde waardes deel en wil saamwerk om ’n beter land te bou – te verenig. Ons meningsopnames bewys dat die groot meerderheid mense gematig en konserwatief is en mekaar respekteer. Hierdie eensgesindheid het elke regering wat nog in hierdie land aan die bewind was bedreig, en dit is ’n bedreiging wat ons met hierdie veldtog wil help verwesenlik. Die kern van die veldtog is die verwerping van ras as die grondslag van beleid in ons land en die vervanging daarvan deur ’n sosio-ekonomiese benadeling.

Ons gaan u hulp nodig hê om organisasies en maatskappye uit te wys wat rassediskriminasie en -verdeling bevorder sodat ons druk op hulle kan uitoefen om rasgegronde beleid te staak.

Hieraan verwant wil ek ’n beroep op u doen om een van die dapperste Suid-Afrikaners wat u ooit sal ontmoet te ondersteun. Sy naam is Sihle Ngobese en hy dra die naam Big Daddy Liberty. Ons beste kans as ’n land is om gematigde wit Suid Afrikaners te verenig met wat ek as swart konserwatiewe mense beskryf – of swart mense wat rasnasionalistiese en sosialistiese idees verwerp en ’n markekonomie, private ondernemerskap en eiendomsregte ondersteun. Dit is moeilik genoeg vir wit mense om vir sulke beginsels op te kom, maar dit is twee keer so moeilik vir swart mense. Ngobese tree as ’n toonaangewende swart konserwatiewe stem na vore in die Suid-Afrikaanse sosiale media en op YouTube en u kan hom gerus volg en ook andere aanmoedig om dit te doen.

Dat die kabinet minder korrup is as dié van die afgelope dekade is, is irrelevant – dit kon skaars erger wees. Die vraag is of die kabinet goed genoeg is met individue van hoë gehalte met sterk nuwe idees wat die ekonomie sal bevry en baie hoër groeikoerse sal toelaat.

Die antwoord is helaas nee – dit is deurtrek met linkse ideoloë. Ek weet die sakewêreld en ander sal sê hoe wonderlik die nuwe kabinet is. Toe ’n koerant die kabinet as Cyril Ramaphosa se “A-span” beskryf het, het ’n kollega opgemerk, “uit die C-afdeling gekies”.

Meer oor:  Frans Cronjé  |  Die Ander Kant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.