Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Frans Cronjé: Druk op DA is doeltreffend – doen nou dít

Hier is vier dinge wat die DA nou behoort te doen.

Die eerste is om ’n beroep op die polisie te doen om bewerings van korrupsie in enige entiteit of munisipaliteit waar die DA regeer het te ondersoek. Daar is ernstige bewerings in Pretoria sowel as Johannesburg. Hoewel ek hoop dat daar min meriete hiervoor is, behoort die DA soos Caesar se vrou op te tree – heeltemal bo verdenking; anders het hy nie ’n kans om die ANC oor korrupsie uit te daag nie. Indien die polisie geen beweegredes tot vervolging vind nie, het die DA hom van blaam gesuiwer. Indien sake hof toe geneem word, sal die DA kan toon dat hy, anders as die ANC, geen korrupsie duld nie.

Die tweede is om ’n beleidskonferensie te belê om alle rasgegronde beleide, van SEB tot diensbillikheid en enige toepassing van rasseteikens en kwotas, ondubbelsinnig te verwerp.

Die DA behoort ’n nuwe bemagtigingsbeleid te aanvaar wat op die werklike gevestigde sosiaal-ekonomiese benadeling van mense, en nie hul ras nie, gegrond is.

Die begunstigdes van so ’n beleid sal hoofsaaklik swart wees, maar hulle sal nie bevoordeel word omdat hulle swart is nie, maar omdat hulle arm is. Dit is iets wat ek dink deur die meerderheid verstandige Suid-Afrikaners heelhartig ondersteun sal word. Slegs indien die DA die rassegrondslag vir beleid heeltemal verwerp, sal hy die land se politiek van ’n rassestryd na ’n waardestryd kan hervorm – wat die enigste manier is waarop hy die ANC kan troef.

Die klassieke liberale tradisie is ’n eerbare tradisie.

Die derde ding wat die DA behoort te doen, is om sy flankering met die EFF te beëindig. Die EFF is ’n moorddadige, fascistiese organisasie. Hy het gedreig om die mense van wie hy nie hou nie dood te maak en ek dink dat hy met die geringste geleentheid daartoe hierdie dreigement sal uitvoer.

Onderhandeling is ’n deel van die politiek, maar die EFF-verhouding is een te veel – en die DA behoort nie vertrou te word voordat hy die EFF verwerp nie.

Die vierde is dat die DA sterk moet staan om klassieke liberale idees te verkondig. Die klassieke liberale tradisie is ’n eerbare tradisie. Die ideale daarvan is om armoede en tirannie te oorwin deur ’n stelsel van beperkte regering, ’n markekonomie, private inisiatief, spraakvryheid, individuele vryheid, eiendomsregte en die oppergesag van die reg. Hierdie ideale verteenwoordig die waardes van die groot meerderheid Suid-Afrikaners.

Die afgelope maand is heelwat kritiek teen my en my kollegas by die Instituut vir Rasseverhoudinge gerig weens die druk wat ons op die DA geplaas het om van rigting te verander. Dit het ons bemoedig en getoon dat ons doeltreffend is.

Party mense het gesê ’n dinkstigting moenie die beleid wat deur die regering of politieke partye aanvaar word probeer beïn­vloed nie. Louter onsin – die skep en toepassing van druk op die regering en politici is ons bestaansrede wat ons al die afgelope 90 jaar toepas. Ander het gesê dat die DA steun sou verloor indien hy tot liberale waardes sou terugkeer – weer eens bog. Hy het net steun verloor nadat hy hierdie waardes versaak het. Nog ander het gesê dat ons invloed verdeling en omstredenheid veroorsaak het. Ek hoop so. Soms moet koppe gestamp en keuses afgedwing word. ’n Sterk DA wat sinvolle beleid verkondig is nodig om die ANC te oorwin of die ANC te dwing om te hervorm.

Nie een van die twee partye is op ’n goeie plek nie en ons sal voortgaan om druk op albei uit te oefen om sinvolle beleid te aanvaar wat die toekoms van ons land as ’n vrye en voorspoedige samelewing sal verseker.

Meer oor:  Frans Cronjé  |  Die Ander Kant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.