Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Frans Cronjé: Húlle moet skuld kry as arm mense ly

’n Ekonomiese inkrimping van 2,2% vir die eerste kwartaal was Suid-Afrika se ergste kwartaallikse vertoning in byna ’n
dekade – net oorskadu deur dié gedurende die wêreldwye finansiële krisis.

Hierdie keer is daar geen eksterne krisis waaraan dit toegeskryf kan word nie. Amper erger is dat uit meer as 40 van die wêreld se belangrikste ekonomieë wat weekliks in The Economist nagespoor is, Suid-Afrika die enigste is wat ’n eerstekwartaal- ekonomiese inkrimping beleef het.

Waarom? Hier is net drie van die redes:

Nommer een, daar is te veel Marxiste in die regering wat dink dat die staat ’n ekonomie kan bestuur. Hy kan nie. Die Chinese kan, maar Suid-Afrika se politici is nie die Chinese s’n nie. Hierdie week is daar verslae dat die polisie se ammunisie opgeraak het. SA Express se vliegtuie mag nie meer vlieg nie omdat hulle te gevaarlik is. Ons politici is nie mense wat ’n moderne ekonomie kan bestuur nie.

Nommer twee, jy kan nie dreig om mense se eiendomsregte weg te neem en terselfdertyd beleggings lok nie. Dit kan miskien groot pret wees om die gasheer van ’n geselsprogram oor die radio te wees en te praat oor al die goeie dinge wat sal gebeur wanneer die staat toegelaat word om mense se eiendom te vat sonder om daarvoor te betaal. Maar in die werklike lewe belê mense nie in ’n ekonomie waar die president elke week oor onteiening sonder vergoeding praat nie, want dit klink ’n bietjie soos die soort ding wat in ’n piesangrepubliek plaasvind.

Nommer drie: Om oor wit bevoorregting en rassisme te kere te gaan is nie ’n ekonomiese beleid nie en is nie gerig op die werklike redes waarom swart mense arm en werkloos is nie. Dit is eenvoudig ’n beleefde vorm van haatspraak. Dit kan baie prettig wees om wit mense voortdurend aan te val, maar dit bereik niks anders as woede en polarisasie nie.

Ek vermoed dat daar mense is wat erg onthuts sal raak wanneer hulle hierdie artikel lees en sê dat hulle nie daarvan hou nie. As jy een van hulle is, lees dan verder, want daar is ’n verdere feit wat jy te wete moet kom: Dat elke maatskaplike-
geregtigheidsaktivis, joernalis en politikus wat hierdie jaar vir onteiening, meer belasting, hoër lone, meer swart ekonomiese bemagtiging en teen “wit bevoorregting” betoog het, ’n mate van verantwoordelikheid moet aanvaar vir die skokkende prestasie van die ekonomie en die pyn en lyding wat hulle arm mense aangedoen het. Dit is reg. Hulle veroorsaak die pyn en lyding – nie “die wit mense”, “die rykes”, “sake-eienaars”, “boere” of enige van die ander politieke slaansakke nie.

Ek is, om die waarheid te sê, siek en sat daarvan en ek dink nie ek is alleen nie. Ek vermoed, trouens, dat miljoene mense, swart en wit, sou saamstem met alles wat ek op hierdie blad geskryf het – goeie, ordentlike, hardwerkende, godvresende, wetsgehoorsame mense. Mense wat oor rasse- en klasseverskille heen wil saamwerk om van die land ’n sukses te maak op grond van familiewaardes, ’n markekonomie, eiendomsregte, reg en orde, en regsoewereiniteit.

Indien jy een van hulle is, stuur dan ’n SMS aan die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) by 32823. Ons bou by die IRV ’n “Vriende van die IRV”-program. Individueel het jy min impak op wat in die media verskyn of regeringsbeleid word. Wanneer ’n mens egter in groot getalle organiseer, kan dit verander. My kollegas veg reeds elke dag vir jou. Met jou hulp kan ons die politici takel, die media-relaas verander en ons land weer op die regte pad kry.

Meer oor:  Frans Cronjé  |  Die Ander Kant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.