Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Frans Cronjé: 'Trump is reg oor sh*tholes'
Pres. Donald Trump van Amerika Sondagaand in Florida. Foto: Reuters

Dit is jammer dat hy dit ontken, en selfs meer so dat hy nie Afrikaans magtig is nie, want as Donald Trump die term k*kgat gebruik het, sou hy die perfekte woord gevind het om dié lande te beskryf wat hul burgers verkleineer en verarm.

’n Menigte joernaliste, politici, rolprentsterre en ander beroemdes het die Amerikaanse president aangevat en volgehou dat sy beweerde gebruik van die term misplaas en rassisties was.

Maar wat hy gesê het, is die waarheid en hoeveel dit ook al ontken of verdoesel word, is dit ’n voldonge feit dat party dele van die wêreld so sleg geregeer word dat min mense daar sou wou woon.

Dit is heeltemal anders as om te sê dat daar iets verkeerd is met die mense wat in sulke lande bly – hulle is in die meeste gevalle angstige slagoffers van hul regerings en dit is tot hul voordeel dat die haglike stand van sake in hul lande massiewe media-aandag ontlok.

Kyk byvoorbeeld na gesondheidsorg. In die VSA is die gemiddelde per capita-besteding aan gesondheidsorgdienste (in koopkragpariteitsterme) omtrent $10 000 per jaar. In die Demokratiese Republiek van die Kongo is dit $20 en in die Sentraal-Afrikaanse Republiek is dit $25. Gemiddeld sterf sewe kinders onder die ouderdom van vyf vir elke 1 000 geboortes in die VSA. In die Sentraal-Afrikaanse Republiek is dit 130.

In die VSA word gemiddeld 3,8 uit elke 100 000 mense in enige gekose jaar vermoor. In Honduras was die moordsyfer wat in 2013 aangeteken is meer as 80 uit 100 000. Die koers in Haïti is in sommige jare op meer as 100 geraam.

Dit is polities korrekte onsin om te beweer dat alle lande dieselfde is.

Die inflasiekoers was verlede jaar in die VSA gemiddeld ongeveer 2% terwyl dit in Venezuela meer as 1 000% was. Op sy hoogste punt het die inflasiekoers in Zimbabwe verskeie sekstiljoen persent bereik.

Dit is polities-korrekte onsin om te beweer dat alle lande dieselfde is. Dit is goed om in sommige lande te woon vanweë ooglopende redes. Hulle is, in die eerste plek, vryemark-ekonomieë wat risikodraende belegging hoog aanslaan en daarom baie hoë vlakke van ekonomiese groei en werkskepping genereer. Hulle beveilig eiendomsregte sodat mense welvaart en bates kan versamel. Hulle gee voorrang aan die belange van die private sektor en ontwikkel dus innovering en wêreldklas-dienste. Regsoewereiniteit heers en politieke leiers is merendeels, net soos gewone burgers, onderworpe aan die reg. Mense wat in hierdie lande woon, is vry om te sê wat hulle wil en te leef soos hulle verkies.

Maar lande soos die DRK, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Venezuela is verskriklike plekke vir die meeste van hul inwoners.

Die redes is weer eens voor die hand liggend. Hulle word dikwels volgens dogmatiese, sosialistiese beginsels bestuur. Beleggings deur die private sektor word met minagting bejeën. Belegging wat wel plaasvind gaan mank aan korrupsie en is kwesbaar vir beslaglegging deur die regering. Gevolglik is daar baie min werksgeleenthede met goeie betaling en byna geen vernuwende en snelgroeiende sakeondernemings nie. Dienste is power. Die min geld wat mense wel verdien, word vinnig deur inflasie weggevreet, maar hulle is te bang vir die regering om daaroor te kla.

Die onderskeidingslyn tussen goeie lande en aakliges is sigbaar deur die wêreldwye gety van menslike migrasie te volg.

Jy sal nooit sien dat Amerikaners of Europeërs, waaronder joernaliste of verontwaardigde beroemdes, rolprentsterre, politici en aktiviste vir maatskaplike geregtigheid, op ’n boot klim of ’n tog deur die oerwoud onderneem om met ’n nuwe lewe in Venezuela of die Sentraal-Afrikaanse Republiek te begin nie – en hulle weet almal waarom.

Meer oor:  Frans Cronjé  |  Donald Trump  |  Vsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.