Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Gaan neiging in Europa ook in Swede geld?

Op 9 September hou die Swede ’n parlementêre verkiesing. Die neiging elders in Europa, te wete beduidende vordering vir die regse populiste, lyk ook of dit in dié geval verwerklik kan word.

Aanduidings is dat die regs-populistiese Swede-Demokrate op twee na, of selfs op een na, die sterkste party gaan word.

Luidens die nuutste peiling kan die party 19,2% van die stemme kry. Dis aansienlik meer as die 12,9% wat hy in die 2014-verkiesing gekry het, maar minder as die 21,6% wat ’n peiling verlede week gewys het.

Dit kan daarop dui dat die party dalk oor sy hoogtepunt is. Nietemin kan dit as ’n feit gestel word dat die Swede-Demokrate aansienlik sterker as ooit tevore uit die verkiesing gaan kom. Luidens die peiling kan die “Moderaten” van 23,3% in 2014 na 19,3% terugsak, en die So­siaal-Demokrate van 31% na 25,1%, hul slegste vertoning in byna ’n eeu.

’n Aantal opmerkings is nodig om dit alles in konteks te plaas: Ten eerste is dit belangrik om te weet dat Swede tradisioneel gematig links is, en dat regses nooit behoorlike vastrapplek kon kry nie. Die twee mededingers om die mag was die Sosiaal-Demokrate en die iets minder linkse “Moderaten”.

Die laaste jare het die regs-populistiese Swede-Demokrate egter met ’n opmars begin.

Die laaste jare het die regs-populistiese Swede-Demokrate egter met ’n opmars begin. Twee redes lyk daarvoor verantwoordelik.

Ofskoon dit goed gaan met die Sweedse ekonomie, meen prof. Sverker Gustavsson, ’n politieke wetenskaplike aan die Universiteit van Upp­sala, die oorsaak is die koms van ’n groot groep immigrante uit die Derde Wêreld.

“Die belangrike is – en dis soos die Brexit-neiging in Brittanje of Trump in Amerika – mense voel nie meer kultureel tuis nie, hulle twyfel of ons op die regte spoor is.”

Dié gevoel het stukrag gekry deur ’n nuwe verskynsel, naamlik mense wat geparkeerde motors aan die brand steek. Dit gebeur gemiddeld vier keer per dag, en vroeër vandeesmaand het selfs meer as 100 motors aan die dig bevolkte Sweedse weskus uitgebrand.

Die polisie krap kop oor die raaisel. Aangesien dit hoofsaaklik in die armer woonbuurte voorkom, waar die werkloosheid hoog en skoolbywoning laag is en, belangrik, waar immigrante gekonsentreer is, blameer baie Swede die immigrante daarvoor.

Dit verhoog die Swede-Demokrate se aantrekkingskrag vir kiesers wat onseker voel.

Maar dit gaan gepaard met ’n tweede rede: Dat die Swede-Demokrate só lank geen deurbraak kon maak nie, was weens die feit dat die party (nie sonder rede nie) as ’n groep neo-Nazi’s bekend was. Die partyleier, Jimmy Åkesson, het die laaste tyd baie moeite gedoen om sy party se regs-ekstremistiese beeld af te skud en gematigder oor te kom.

Nietemin, die Sweedse politiek staan voor ’n kruispad.

Meer oor:  Europa  |  Swede  |  Verkiesing  |  Kiesers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.