Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Gebruik die tyd reg

Partykeer gaan die lewe net te vinnig verby. Jy gaan rustig aan met jou lewe, en dan kry jy daardie onverwagse boodskap dat ’n goeie vriend oorlede is. Of ’n familielid. Dan wens jy jy kon net nog een keer saam met hom of haar kuier.

My oupa het aldag gesê ons moet vir mekaar blomme gee terwyl ons leef. Ons moenie wag vir die begrafnis nie.

Nou ja, saam met Paulus in Romeine 14 kan ons sê of ons lewe en of ons sterwe, ons doen dit vir die Here. Vandag is dus presies die regte tyd om die lewe-gedeelte hiervan reg te doen. Ons het vandag nog ’n ekstra stukkie tyd gekry om tot God se eer te leef en tot seën van ander mense om ons. Ons het vandag nog ’n klompie ure ter hand om mekaar te waardeer.

Kom ons doen dit. Kom ons bid vir ’n vriend of vriendin. Kom ons deel ’n beker koue water. Kom ons gee om in Sy Naam.

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.