SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Menings
Gebruik jou mag strategies, Cyril
Judith February
Judith February.

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), het ’n eienaardige manier van sake kies om te ondersoek.

Só het sy het die Inkomstediens se sogenaamde rogue unit ondersoek, al is die aangeleentheid al jare oud en al verskeie ander kere ondersoek.

Sy kla oor ’n gebrek aan hulpbronne, maar ondersoek oënskynlik net sake wat te make het met pres. Cyril Ramaphosa se skoonmaakpogings.

In haar ondersoek na die Vrede-suiwelprojek, waarby onder meer Ace Magashule, ANC-sekretaris-generaal, betrek word, het sy nie eens met enige slagoffers van wat duidelik korrupsie was, onderhoude gevoer nie. Vreemd.

Dit is nou reeds duidelik dat Mkhwebane haarself by die politieke debat ingewurm het – en self ’n politieke rolspeler geword het. Sy besef sy het die ondersteuning van diegene in die ANC wat “radikale ekonomiese transformasie” (RET) voorstaan, soos Magashule en sy korrupte faksie.

Sy weet ook sy het die ondersteuning van Julius Malema en die EFF. Hulle sal enigiets doen om Ramaphosa se hervormings te belemmer as dit nie in hulle belang is nie en die kraantjie van patronaatskap toedraai. Saam is hierdie groepe ’n gedugte slagorde. Hulle het immers ruim gebaat by die Zuma-jare.

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), het ’n eienaardige manier van sake kies om te ondersoek.

Die afgelope week is heelwat geskryf oor Malema se ambisies en dat hy hom by die OB skaar en teen min. Pravin Gordhan gekant is, en dat dit deel is van ’n strategie om na die ANC terug te keer en president te word. Hy het sonder twyfel presidensiële ambisies. Maar die probleem is dat die EFF ’n 10,79%-party is. Die verkiesing het gewys die meeste Suid-Afrikaners bevind hulle op die politieke middelgrond.

Dat Malema en sy rooi barette nie daarin kon slaag om méér van die jeug se stemme op hom te verenig nie, selfs te midde van buitensporige hoë jeugwerkloosheid en die hopelose mislukking van die Zuma-jare, dui daarop dat hulle hul strategie moet herbedink.

As Malema wil terugkeer na die ANC, is die vraag: na watter faksie? Hy skaar homself by die groep wat RET voorstaan, soos Magashule, Mosebenzi Zwane, Carl Niehaus, Faith Muthambi en natuurlik oudpres. Jacob Zuma. Dit is moeilik om te sien hoe die ANC soos dit tans daar uitsien, Malema met ope arms gaan verwelkom en die pad na die presidentskap vir hom gaan plavei.

Die onlangse vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee het weer gewys dat die RET-groep nie die septer swaai nie.

Die RET-groep kon ook nie by Nasrec wen nie, so wat gaan verander tussen nou en die volgende ANC-verkiesingskongres?

Die onlangse vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee het weer gewys dat die RET-groep nie die septer swaai nie. Die werklikheid is meer kompleks en die verdelings in die ANC bly hardnekkig en vernietigend.

Die meer realistiese scenario is dat die ANC gaan skeur. Sal Malema, Magashule en hul trawante in só ’n scenario kiesers kan lok?

In ’n land met ’n werkloosheidsyfer van 29% en ’n kragverskaffer wat op sy laaste bene loop, kan ons nie die luuksheid van partykonflik, binnegevegte en populistiese afleiding bekostig nie. Ramaphosa weet dit so goed soos enigeen. Hy moet dus binne en buite sy party uiters onstuimige waters navigeer.

Op die ekonomiese front loop die uurglas leeg terwyl ons maatskaplike weefsel uitrafel en graderingsagentskappe om ons sirkel.

Dit sal Ramaphosa daarom baat om sy mag as president op ’n strategiese manier te gebruik. Hy moet sy teenstanders konfronteer en hard werk daaraan om ’n maatskaplike koalisie te vorm wat die populiste en plunderaars – binne en buite sy party – in toom sal hou. Met ander woorde, hy moet die middelgrond met selfvertroue verdedig.

Dít is waar hy die meeste Suid-Afrikaners sal kry.

Meer oor:  Busisiwe Mkhwebane  |  Judith February  |  Ob
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.