Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Geheim oor ‘ramp’ sal seker ’n geheim bly
Hennie van Deventer

Op Dinsdag 23 Februarie 1988 het ’n gerug deur Bloemfontein geswiep. Stortreën van tot 100 mm per uur kan uitsak. Kantore, banke en skole het gesluit. Mense het op vlug geslaan. Dit was ’n “vals alarm”. Sondebokke is gesoek – en Volksblad moes self onverdiende slae verduur.

Dat die publiek so op loop gejaag kon word, klink vreemd. Maar ná die naweek se vloede oral in die Vrystaat kon ’n mens se senuwees maklik op hol raak. In Bloemfontein is die Saterdag 88 mm gemeet. Daardie Sondag is 142 mm aangeteken – ’n goeie maand se reën in een dag!

Terwyl die uwe in die NG kerk Berg-en-Dal die Nagmaalsdiens bywoon, het die water in ’n digte gordyn bly neerstort. Ek het by ’n sydeur uitgeglip kantoor toe. Enkele kollegas was reeds daar, kliphard aan die bel en organiseer. In gietende reën is spanne in elke rigting ontplooi.

Die rampnuus en vloedtonele was aan-grypend. “Ramp der rampe” het die banier die Maandag gelui. Onder die opskrif “Die ‘see’ se naam is Vry-staat – vlaktes word mere” is twee foto-blaaie aan die ramp gewy.

Die hoofopskrif ,“Paniekvlug”, was in hul oë die bron van die kwaad, al was dit bo ’n ander berig.

Die Dinsdag se hoofopskrif was “Pa-niekvlug”. Die berig was oor honderde mense wat uit hul huise voor vloedwater moes vlug. By die hoofberig was ’n aparte berig: “Dringende waarskuwing – tot 100 mm per uur verwag”.

Daarvolgens het ’n Gesamentlike Beplanningsentrum aan mense in die Midde- en Suid-Vrystaat ’n dringende boodskap uitgereik dat ’n voggordel oor die gebied begin vorm en dat geweldige neerslae verwag word.

Toe die koerant op straat kom, was ’n ongekende uittog uit die middestad in volle gang. Sommige skoorsoekers het die skuld vir die paniek op Volksblad gepak. Die hoofopskrif ,“Paniekvlug”, was in hul oë die bron van die kwaad, al was dit bo ’n ander berig.

Brian Long van die Bloemfonteinse Weerkan-toor het oor Radio Oranje gesê dat “snert” gepu-bliseer is wat nie van die Weerburo afkomstig was nie. (Ironies genoeg, het Radio Oranje in ’n nuus-uitsending self die waarskuwing uitgesaai.)

Volksblad het sterk beswaar by die minister aangeteken. In ’n hoofartikel het hy geskryf dat die aanval “venynig en ongegrond” was. Ons kon daarop wys dat Volksblad eers op straat verskyn het nadat noodmaatreëls al getref is en honderde mense huis toe was. Hoe verklaar jy dit?

Dit was ook onduidelik wie die provinsiale ad-ministrasie, universiteit, banke, skole en kleuter-skole reeds van 13:00 af geskakel en gewaarsku het – lank voordat die rolpers nog begin draai het. Die polisie kon nie lig werp nie.

Die raaisel bly by my spook. Die enigste slotsom, in modern idioom, is seker dat dit “fopnuus” was.

’n Liegstorie met ander woorde. Maar wie het gelieg en hoekom?

Die geheim sal ons seker nooit ontrafel nie.

Meer oor:  Hennie Van Deventer  |  Vrystaat  |  Bloemfontein  |  Volksblad  |  Media  |  Ramp  |  Gerugte  |  Koerant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.