Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Geloof kos presies dit

Om te glo, verg geloof. Presies dit! Daar is altyd ’n kostekomponent verbonde aan enige geloofsroete, ’n hoë een boonop. Geloof is nie net ’n vinnige besluit iewers in die kerk of in jou binnekamer om die Here te dien en dan gaan die lewe weer normaal voort nie. Dit verg ’n nuwe manier van leef in God se teenwoordigheid. Geloof verg dat ’n mens aanhoudende wegdraai van ’n ou, uitgediende manier van leef en ’n toekeer tot God.

In Jesus se taal is dit om nuut te dink en anders te leef – albei tegelyk. Geloof gebeur om nuwe beginsels, nuwe keuses, nuwe lewensverhale en ’n nuwe leefstyl. Op geloof se terrein is God se liefdeswet die kompas. Die Here se Woord dui hier die koers aan. Dit gee die regte inhoude aan geloof. Van begin tot einde is geloof deurdrenk met hoop. Dit sien nuwe hemelse horisonne raak en nooi ander mense saam hierheen. Geloof sluit God se nuwe wêreld reeds hier en nou oop. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.