Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Getalle bepaal nie dié gelykheid
Amanda Gouws
Amanda Gouws.

So af en toe is daar ’n oomblik van hoop vir geslagsgelykheid wat deur die politiek moontlik gemaak word. Die afgelope verkiesing en die aanstelling van die nuwe kabinet was só ’n oomblik.

Die eerste keer in die geskiedenis van Suid-Afrika is daar 50% vroue in die kabinet, 45% vroue in die parlement, en twee baie knap vroue in die nasionale vervolgingsgesag.

Vroue is in sleutelportefeuljes in die kabinet aangestel, soos Naledi Pandor by internasionale betrekkinge en samewerking; Ayanda Dlodlo by staatsveiligheid; Lindiwe Sisulu by menslike nedersettings, water en sanitasie; Barbara Creecy by omgewingsake, bosbou en visserye; Nosiviwe Mapisa-Nqakula by verdediging en militêre veterane; Nko­sazana Dlamini-Zuma by samewerkende regering en tradisionele sake; en Patricia de Lille by openbare werke en infrastruktuur.

Lindiwe Zulu het die afgetakelde maatskaplike ontwikkeling by Bathabile Dlamini en Susan Shabangu geërf.

Ál die vroue het bewys dat hulle bevoeg en toegewyd aan dienslewering is. Hulle sal egter ook moet bewys dat hulle die regeerprobleme in hul portefeuljes kan bestuur.

Die ANC self sal veel meer moet doen om seksuele teistering in sy eie midde hok te slaan.

Staatsveiligheid was sentraal in staatskaping en Dlodlo sal die departement moet skoonmaak; Dlamini-Zuma sal die tradisionele leiers, wat baie magtig onder Jacob Zuma geword het, in toom moet hou; en Sisulu en De Lille sal iets daadwerkliks moet doen om diensleweringsbetogings stop te sit.

Dit is jammer dat ons Pandor by hoër onderwys en opleiding verloor. Hier het sy onlangs ’n taakspan aangestel om beleid te help vorm oor seksuele geweld aan tersiêre instellings, iets waarvoor al jare lank gevra word. Sy was die eerste minister wat dié probleem werklik ernstig opneem.

Die ANC self sal veel meer moet doen om seksuele teistering in sy eie midde hok te slaan. Is Zizi Kodwa en Pule Mabe terug in die parlement nadat hulle vir seksuele teistering geskors is?

’n Teleurstelling is die aanstelling van Maite Nkoane-Mashabane as minister vir vroue, jeug en persone met gestremdheid. Sy het haar nog nooit met vrouesake bemoei nie, en ’n mens kry die idee dat hierdie portefeulje gebruik word as ’n troosprys.

Ons moet ook wonder hoekom Sisulu onlangs by die ANC-vroueliga aangesluit het.

Dit is egter ’n sleutelportefeulje, met raakvlakke met gesondheid, maatskaplike ontwikkeling, menslike nedersettings, water en sanitasie, vervoer, tradisionele sake en ander. Nkoane-Mashabane sal dus moet verstaan hoe beleid uit ál hierdie departemente vroue raak, en sal behoorlike oorsig moet toepas.

Ons moet ook wonder hoekom Sisulu onlangs by die ANC-vroueliga aangesluit het. Ek kan my kwalik voorstel dat sy enigiets met hierdie groep konserwatiewe vroue gemeen het. Sou dit die plan wees dat sy as president by Dlamini oorneem om sodoende die vroueliga te transformeer?

Een van die grootste probleme onder die Zuma-regime was die uitvoerende gesag (ministers) se oorheersing van die wetgewende gesag (parlement). Die wetgewende gesag is veronderstel om oorsig oor die uitvoerende gesag te hê, maar die wetgewende gesag is op allerhande manier omseil.

Ons moet hoop dat hierdie balans herstel word en dat samewerking tussen die wetgewende en uitvoerende gesag sal bydra om substantiewe wet­gewing vir geslagsgelykheid te skep. Hiervoor sal die portefeuljekomitee oor vroue gerehabiliteer moet word, indien dit nog bestaan.

Geslagsgelykheid kan nie net oor getalle gaan nie. Getalle moet lei tot substantiewe gelykheid, iets wat ons bly ontwyk.

  • Prof. Gouws beklee die leerstoel in genderpolitiek aan die Universiteit Stellenbosch.
Meer oor:  Amanda Gouws  |  Vroueregte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.