Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Willie Spies: Gildes versus mag van staat

Ná die Middeleeue was Europa en Asië onderworpe aan verskeie vorme van feodale stelsels.

In dié stelsels het konings en grondbaronne oor alle mag beskik. Hulle kon na goeddunke lappies grond aan kleinboere en huurpagters toeken – en dit wegneem as hulle in onguns verval.

Willie Spies. Foto: Lisa Hnatowicz

Feodale stelsels oor die wêreld heen het mettertyd danksy revolusies of evolusionêre staatkundige ontwikkeling beweeg in die rigting van groter demokrasie en groter gelykheid tussen die burgers.

Dit was meestal die opkoms van die burgerstand wat hierdie omwentelinge tot gevolg gehad het. Interessant genoeg was die verwantskap tussen grondeienaarskap en groter vryheid altyd daar. Hoe minder eiendomsreg daar was, hoe meer outokraties was die heersers.

Die patroon was dieselfde vir Westerse en Oosterse feodale en later totalitêre bedelings. ’n Belangrike bestanddeel van die opkoms van die burgerstand was die feit dat hulle hulself aan die hand van hul beroepe georganiseer het. Daar was beroepsgildes vir elke denkbare beroep.

Daardie gildes het uiteindelik die boustene geraak van goed gevestigde demokrasieë oral ter wêreld.

As tussen-instellings tussen die burgery en die owerhede, het hulle die burgery sterk gemaak en in staat gestel om kollektief op te tree om hul werk- en leefomstandighede te verbeter.

Suid-Afrika bevind homself tans in ’n allesomvattende proses van die sentralisering van staatsmag. Oor die afgelope 25 jaar het die owerheid gaandeweg al hoe meer reëls geskep om staatsmag te sentraliseer en beheer oor professies uit te oefen.

Hierdie gildes gaan probeer om te midde van groeiende staatsoorheersing vir gewone burgers, professionele en werkende mense, die geleentheid te skep om hulself te organiseer in tussen-instellings vir hul beroepe en professies en hulself te staal teen die ingrepe van ’n oppermagtige, korrupte staat.

Vanaf 1 November word die hele regsprofessie (prokureurs én advokate) nie meer gereguleer deur die balierade en prokureursordes nie, maar deur die Regspraktisynsraad. Dit is ingestel kragtens ’n wet wat prakties die beheer van die professies oorhandig het aan ’n raad waarvan ’n wesenlike getal lede deur die minister van justisie aangestel word, en die res volgens ’n streng kwotavereiste van 70% swart en 30% wit verkies moet word.

Die Getrouheidsfonds vir Prokureurs en al die bates van die prokureursordes wat deur die prokureursprofessie opgebou en geadministreer is, is oorgedra aan dié raad, wat prakties ’n staatsinstelling is.

Sodoende het die grootste onteiening sonder vergoeding van bates en private besit, naamlik die bates van die prokureursprofessie en sy getrouheidsfonds, onder ons neuse plaasgevind.

Prosesse is tans aan die gang om die basiese reg op eiendom sodanig te verwater dat dit aan die staat die geleentheid gee om eiendom sonder vergoeding te konfiskeer vir grondhervorming.

Ons bevind ons dus in ’n era waarin Suid-Afrika homself eintlik deur politieke druk de-moderniseer deurdat selfstandige eienaarskap, professies, beroepsbeoefening en ’n selfstandige, lewenskragtige ekonomie gaandeweg vervang word met ’n stelsel waarin alle eiendom, beroepsbeoefening en ekonomiese aktiwiteit onder die streng wakende oog van ’n sistemies korrupte staat val.

Dit is in dié omstandighede dat die vakbond Solidariteit, wat homself met die wêreld van werk bemoei, twee weke gelede aangekondig het hy gaan aktief op die vestiging van beroepsgildes fokus.

Hierdie gildes gaan probeer om te midde van groeiende staatsoorheersing vir gewone burgers, professionele en werkende mense, die geleentheid te skep om hulself te organiseer in tussen-instellings vir hul beroepe en professies en hulself te staal teen die ingrepe van ’n oppermagtige, korrupte staat.

Die vestiging van instellings soos hierdie en die uitbouing daarvan op elke lewensterrein sal in die jare wat voorlê gewone burgers se enigste verweer wees teen ’n groeiende staatsverval, wat noodwendig volg op die sentralisering van staatsmag wat tans in volle vaart voortstu.

  • Spies is ’n prokureur en direkteur in die regsfirma Hurter Spies Ing.
Meer oor:  Mag  |  Staat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.