Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
God ken ons titel-loos

“Hier’s die dominee ook,” merk iemand op. “Nee, dis sommer net ekke,” reageer ek dadelik. Al was ek 20 jaar laas ’n gemeenteleraar, kleef dié titel steeds verbete vas aan my.

Dit laat my nie te gemaklik voel nie, want dit klink steeds na Latyn in my ore. “Domine” beteken oorspronklik hier “my heer”. Ek weet mense bedoel dit nie so as hulle dit gebruik nie.

Dominees wat so aangespreek word, koppel ook nie sulke betekenisse aan die term nie. Maar in Matteus 23 waarsku Jesus teen godsdienstige titels. Ons moet onsself nie links en regs laat betitel nie. Ons almal is gelyk voor die Here, of ons nou in voltydse kerklike diens staan, of nie.

Ons het nie titels of posisies nodig voordat ons iets vir Hom kan beteken of doen nie. As ons name goed genoeg is vir die Here, dan is dit sekerlik ook goed genoeg vir mekaar.

Meer oor:  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.