Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
God programmeer ons nie

Jy sou jou rekenaar of selfoon kon programmeer om elke oggend ’n boodskap vir jou te speel wat sê: “Ek het jou lief!” Maar op die ou end weet jy daardie apparate is verplig om dit vir jou te moet sê. Hulle het geen ander keuse nie; hulle is so geprogrammeer.

Wel, God het jou nie vooraf geprogrammeer om in Hom te moet glo nie. Daar’s geen hemelse rekenaarskyfie iewers in jou brein ingeplant wat aan jou geen ander keuse laat as om willoos te bely: “Ek glo in God” of “Ek het die Here lief nie.”

God het vir jou ’n regte hart gegee, asook ’n kop om self mee te dink.

Jy het die keuse om toe te laat dat die Heer jou oë oopmaak.

Hy nooi jou.

Hy roep jou.

Hy trek jou nader om Hom van harte lief te hê.

Jy is nie ’n menslike robot in sy oë nie.

O ja, jy is ook nie geprogrammeer vir ongeloof of twyfel nie! – Stephan Joubert

Meer oor:  Rekenaar  |  Robot  |  Geloof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.