Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Goeie nuus wag ná die wipwarit
Rapule Tabane

Baie Suid-Afrikaners vra my of ek, in my hoedanigheid as ’n politieke joernalis, optimisties oor die land is. Die waarheid is dat dit tans moeilik is om oor enigiets optimisties te wees.

Te veel dinge loop verkeerd. Ons is nie net gespanne oor die politiek nie, ons persoonlike veiligheid is in gevaar en ons vrees misdadigers.

En dit geld ons almal. Geen spesifieke kategorie mense is in groter gevaar as ’n ander nie.

Ons is kwesbaarder as tevore wat ons gesondheid betref. Die swak gehalte van ons gesondheidsinstellings is wyd bekend. Die voordele van mediese fondse verskraal al hoe meer.

Die voordele van talle mense, selfs dié van enkele begunstigdes, is voor Junie uitgeput, wat beteken die res van die jaar is hulle net so blootgestel soos diegene sonder ’n mediese fonds.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, se antwoord op hoë mediese onkoste is nasionale gesondheidsorgversekering (NGV). Min mense vertrou die NGV, want hulle reken dit sal meebring dat die gehalte van private sorg tot die patetiese standaard van openbare gesondheidsorg gaan daal.

Maar uiteindelik is dit die politiek waaroor mense altyd besorg is, want dit beïnvloed die ekonomie.

Tweedens lyk dit of Zuma weens sy lae gewildheidsvlakke kortpad-maat­reëls kan instel om gratis onderrig in te stel nadat ’n kommissie aanbeveel het dat dit nie haalbaar is nie.

Ons ekonomie is deur sommige graderingsagentskappe tot rommelstatus afgegradeer – nie omdat die ekonomie ineengestort het nie, maar omdat die politieke prognose en die optrede van ons regering, en spesifiek ons president, nie vertroue inboesem nie.

Dit is vanjaar erger weens die ANC-konferensie. Ek deel in die korttermyn-pessimisme omdat ons in die weke voor einde Desember ’n wipwarit kan verwag omdat ons paranoïese president absoluut rampspoedige besluite kan neem in die kort tyd voordat hy van die ANC-leierskap afstand doen.

Hy kan om twee redes verreikende besluite neem: Eerstens om te verseker dat daar nie wraak op hom geneem word as hy nie meer ANC-leier is nie. Dit kan gebeur deur die aanstelling van ’n polisie- en ’n Valkehoof wat hom simpatiekgesind is, al is hulle onbekwaam. Waarnemers vul tans dié poste.

Die belang van die polisiehoof kan nie oorbeklemtoon word nie. Met soveel mense op senior regeringsvlakke wat by korrupsie betrek word, insluitend die presidensie, sal Zuma sorg dat hy nie ’n energieke, toegewyde individu in dié pos aanstel nie.

Tweedens lyk dit of Zuma weens sy lae gewildheidsvlakke kortpad-maat­reëls kan instel om gratis onderrig in te stel nadat ’n kommissie aanbeveel het dat dit nie haalbaar is nie.

Hy beskou dit waarskynlik as ’n geleentheid vir ’n blywende nalatenskap, dít ondanks die geringe probleem dat ons dit nie kan bekostig nie

Dit kan moontlik beteken dit is nou die laaste keer dat die ANC ’n oorweldigende meerderheid in die parlement het.

Die goeie nuus is dat Zuma se mag ná die ANC-konferensie grootliks sal afneem. Dit is moeilik om ’n voorspelling te waag, maar tot dusver het adj.pres. Cyril Ramaphosa baie goed gevaar.

Hy is tans voor wat benoemings betref, maar die proses is nog nie afgehandel nie.

Ek is daarvan oortuig alles sal uiteindelik goed vir Suid-Afrika afloop, ondanks die dramatiese volgende paar maande wat op die ANC wag.

Ramaphosa as president kan moontlik die verskriklike besluite wat in Zuma se laaste paar dae in die parlement geneem word, omkeer. ’n Sege vir Nko­sazana Dlamini-Zuma kan die ANC laat skeur. Maar selfs al skeur die party nie, sal haar naam op die stembrief in 2019 nie vir die ANC baie stemme werf nie.

Dit kan moontlik beteken dit is nou die laaste keer dat die ANC ’n oorweldigende meerderheid in die parlement het. Ek weet 2019 is nog ver, maar ja, op lang termyn is ek optimisties.

  • Tabane is politieke redakteur van City Press.
Meer oor:  Rapule Tabane  |  Rubriek  |  Misdaad  |  Mening  |  Ekonomie  |  Politiek  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.