Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Willie Spies: Grond-konsepwet nie goeie nuus
Willie Spies

’n Fout wat meningsvormers dikwels maak, is om nie die dokumente en beleidskrifte van mense en instellings in die regering ernstig op te neem nie.

Sedert Desember 2017 was die land en die sakesektor in die duister oor presies wat verwag kan word met betrekking tot die toekoms van grondeienaarskap.

Enoch Godongwana, die ANC se beleidshoof, het in Julie vanjaar die sluier gelig oor die party se planne met grond wat geoormerk gaan word vir onteiening sonder vergoeding. Hy het verwys na die dokument “Ready to Govern”, wat reeds in 1992 verskyn het en waarin die ANC (toe nog ’n bevrydingsbeweging) sy toekomsplanne uitgespel het.

Dit bevat goeie en slegte nuus.

Hiervolgens kan dié voorgestelde beleid oor grondbesit soos volg opgesom word: ’n Fundamentele verandering in apartheidsgebaseerde grondbesit-patrone;) Herverspreiding van grondbesit moenie produktiwiteit aan bande lê nie;) Die staat sal ’n kernrol vervul in die verkryging en toekenning van grond, wat moet insluit onteiening ooreenkomstig die bepalings van die menseregte-akte; ) Die gebruik van ander maatreëls, soos belasting om grond beskikbaar te stel vir herverdeling;) Die wysiging van die Wet op die Onderverdeling van Landbougrond om voorsiening te maak vir kleinboere;) Die vestiging van maatreëls om spekulasie met grond te beperk; en) ’n Plafon op grondeienaarskap.

Die beleidsdokument identifiseer voorts private grond wat vir herverdeling geneem gaan word: Grond wat vir spekulasie gehou word;) Onderbenutte grond of ongebruikte grond met produktiewe potensiaal;) Verwaarloosde grond; en) Grond wat as gevolg van skuld hopeloos beswaar is.

Die jongste konsep van die Onteieningswet is verlede week in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer. Dit bevat goeie en slegte nuus. Die volle onteieningsbedrag is ingevolge art. 17 betaalbaar op die datum waarop die eienaar van sy besit van die eiendom ontneem word en rente is onder sekere voorwaardes betaalbaar op agterstallige bedrae. In vorige konsepte was slegs ’n persentasie onmiddellik betaalbaar en die balans mettertyd.

Die lys stem dus merkwaardig ooreen met die lys van omstandighede wat reeds in 1992 deur die ANC gelys is.

Die nuwe konsep plaas in art. 18, net soos vorige konsepte, steeds ’n plig op eienaars en banke wat verbande oor grond hou om self ’n ooreenkoms te bereik oor die betaling van onteieningsvergoeding. Indien dié vergoeding dus minder is as die bedrag wat ’n eienaar die bank skuld en die bank of eienaar is nie tevrede met die vergoeding nie, kan die staat die onteieningsbedrag bloot oorbetaal aan die meester van die hooggeregshof se Voogdyfonds en voortgaan met die onteiening.

Die artikel waaroor almal nuuskierig was, is art. 12 (3), wat die omstandighede noem waaronder onteiening teen ’n nulwaarde kan geskied. Die artikel stel dit duidelik dat dié omstandighede nie tot die lys beperk is nie, maar dit sluit in: Grond waarop huurarbeiders woon;) Grond wat suiwer vir spekulatiewe doeleindes gehou word;) Grond wat deur ’n munisipaliteit of semistaatsinstelling gehou word;) Grond wat die eienaar prysgegee het; en) Grond waarvan die huidige waarde dieselfde of minder is as die staatsbelegging of subsidies wat ten opsigte daarvan uitbetaal is aan die eienaar.

Die lys stem dus merkwaardig ooreen met die lys van omstandighede wat reeds in 1992 deur die ANC gelys is as omstandighede waarin grond geneem sal word.

Sommige ontleders meen die nuwe konsepwet is goeie nuus. Vir diegene wat die inhoud van ANC-beleidsdokumente ernstiger opneem as die sjarme van pres. Cyril Ramaphosa, is die jongste konsepwet bloot ’n vergestalting van ou ANC-beleid wat groot risiko’s inhou – met of sonder ’n Grondwet-wysiging.

Spies is ’n prokureur en direkteur in die regsfirma Hurter Spies.

Meer oor:  Willie Spies  |  Grondwet  |  Grondregte  |  Grond-Onteiening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.