Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Gryp elke geleentheid

Geleenthede kom en geleenthede gaan; ook op die Here se gebied. “A window of opportunity” noem die Engelse dit. Ons het nooit die luukse om ons voete te sleep in Sy diens nie. Ons moet saam met Paulus die tyd uitkoop. Ons kan nie op die kantlyn sit en nogmaals bekommerd toekyk hoedat die wiele afval nie.

Ons durf nie vir die hoeveelste keer by al wat ’n kerklike vergadering en Bybelstudie is met kommer kennis neem van die verval in die wêreld nie. Of net nog ’n kommissie van ondersoek aanstel om eendag op ’n reëndag ’n dik verslag hieroor voor te lê nie.

In Spreuke se taal mag ons nie uitstel tot môre as ons vandag reeds kan goed doen aan mense nie. As ons weet wat reg is om te doen, en ons doen dit nie, dan maak ons vroom droog. Dan mis ons Goddelike geleenthede. Dan forseer ons daardie hemelse vensters toe wat tans wyd oop staan. Carpe diem! Raak dringend vir God! 

Meer oor:  Geloof  |  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.