Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Halfprys-hartjie of vonkprop vir jou Valentyn?
Blouwillem

Nou ja, dáár het Valentynsdag nou weer gekom en gegaan.

En my ou maat, as jy vir Bieksie Trieksie net ’n aalwynblom uit jou eie tuin (of erger nog, jou buurman se tuin) gegee het, is ’n jaar se hondehok-hardepad jou voorland, so waar as wat padda ’n pienk manel dra.

En onthou, daai ou flou storietjie van “elke dag is Valentynsdag” gaan nie lekker af by ons mooi, sagte mensies nie. Die een positiewe ding is die halfprys-hartjiesjokolade wat jy vanoggend kan gaan koop, maar of dit jou uit die diep waters gaan red, sal seker afhang van hoe lief sy vir halfprys-sjokolade is.

O ja, en as jy vir haar ’n “spark plug” gegee het met ’n kaartjie wat lees “Jy sit die vonk in my lewe”, moet jy solank uitkyk vir ’n goeie prokureur.

Dik Daan sê hy wonder of daai Valentynsdag-prokureur van die Oos-Rand nog in besigheid is. Dis nou die ou wat vroeg Februarie vir omtrent so 800 manne daar in Boksburg, Brakpan en Benoni se wêreld Valentynsdag-kaartjies in die posbus by die huis laat gooi. Hartjie-my-liefie-kaartjies lekker geweek in goedkoop lekkerruikgoeterjies met die gevleuelde woordjies: “My liefste Woepsie Wapsie Teddiebeer, dankie vir al die goeie tye!” van: “Jy weet wie.” Seker nie ’n verrassing dat hy vir baie jare die besigste en suksesvolste egskeidingsprokureur in Grouteng was nie.

Ja, en dan die poerlement, Sona (ook genoem die straatrede) en die EFF se kaperjolle. Terwyl ons Donderdagaand oopbek die rooi oorpakke se honderdste “tantrum” sit en kyk, sê neef Bartel die mees frustrerende ding vir ’n vroue-poerlementslid van die EFF met ’n sin vir die estetiese en liefde vir mooi kleertjies moet wees om daar, midde-in al die Durban July-modes en swier, met ’n rooi “overall” te moet sit terwyl almal vir jou lag.

O ja, en as jy vir haar ’n “spark plug” gegee het met ’n kaartjie wat lees “Jy sit die vonk in my lewe”, moet jy solank uitkyk vir ’n goeie prokureur.

“G’n wonder hulle is so gefrustreerd nie,” sê hy. “Ja, manne,” sug Dik Daan. “Kan jy jou indink wat die Groot Krokodil sou aangevang het as ’n spul hansworse sy toespraak met ’n uur vertraag het? Maar soos die spreekwoord sê, wat jy saai, sal jy maai.”

Met onse president wat so katvoet deur die landmyne van sy opponente moet loop, dink ek die afgelope week baie aan daai treurige voorbladfoto van die bobbejaanmannetjie wat daar bo in die boom sit met die leeuwelpie wat hy gaan steel het.

Sona om onnodige parallelle te trek, het iemand dalk nuwe inligting oor die lot van dié twee?

Ja, my kroon, want u sit in die onbenydenswaardige situasie dat u vinnig sal moet besluit of u die figuurlike welpie in u huis self moet grootmaak totdat hy u dalk opvreet of hom liewers stert tussen die bene vir sy mammie moet gaan teruggee. Nie een ’n aangename vooruitsig nie, maar die probleem sal nie weggaan nie en soos Eksdom s’n net Sona ’n oplossing meer maanhare kry.

Meer oor:  Blouwillem  |  Valentynsdag  |  Sona  |  Liefde  |  Prokureur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.