Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Helde, engele wat land red in staatskaping

Daar is nog helde onder ons. Dit is gewone mense wat die land maak werk ondanks die Zumas en die Guptas wat die land tot op die afgrond gebring het.

Sulke helde is Susan Nieuwoudt, hoof, en agter die onderwysers van die Hoërskool Koffie-fontein wat met moeite en ongerief gesorg het dat hul matriekklas die eindeksamen kan aflê.

Charles Smith

Al die skole in Koffiefontein is die afgelope twee maande deur omgekrapte inwoners gesluit wat ’n protesaksie teen Thandiwe Reachable, burgemeester van die Letsemeng-munisipaliteit, en die raad volhou.

In ’n soort mini-lugbrug het die Vrystaatse de-partement die 22 matrieks van dié skool na die Hoërskool Landboudal in Jacobsdal oorgeplaas vir die eksamen. Hulle bly in die koshuis en hul eie onderwysers maak beurte om na hulle om te sien. Hier word gekyk dat hulle veilig is, elke dag kos het en genoeg tyd het om te studeer. En dat hulle elke vak sonder kommer kan skryf.

Susan vertel waar sy gister na die groep omsien dat ’n hele paar van hulle se beurse beslis in die gedrang was as hulle nie die eksamen sou kon skryf nie. Die toekoms van die leerlinge, baie uit arm huise, was in die gedrang. Hulle verwag heelwat on-derskeidings van die klas. Die res van die skool se kinders is huis toe gestuur, omdat die veiligheid van die onderwysers, personeel en leerlinge nie in die gedrang geplaas kon word nie.

“Ons was maar negatief. Ons verstaan die in-woners se griewe, maar die skole vat houe. Ou-ers sit met kinders by huise en die skole word die sagte teikens,” vertel sy.

Vir haar, wat eers die begin van die jaar die hoof geword het, en die personeel was dit deel van hul Godgegewe taak om te verseker hul matrieks word met die verskuiwing na Jacobs-dal ondersteun. “Ons moet vir Landboudal dankie sê wat ons in elke hoekie en gaatjie plek gee.”

Ubenita Remmelien (17), van die naburige Oppermansgronde, sê die klas was eers negatief oor die ontwrigting. Maar toe hulle sien hoe goed na hulle omgesien word en hoe veilig hulle is, was almal positief. “Ons word baie goed na omgesien. Ons voel veilig en ons kry baie studie-tyd en is goed voorbereid vir die eksamen. Dit het tot dusver baie goed gegaan.”

Ubenita is een van die matrieks wat ’n beurs kan kry om verder te studeer. Sy wil ’n prokureur word. “Ek wil die arm mense in my gemeenskap help. Dit is my droom.”

Kobus Spies, rekenmeester van Bloemfontein, sê mense soos Susan Nieuwoudt is ons Ra-cheltjie de Beers onder ons neuse. “Gee my vier sulke hoofde en ek draai al die Suid-Vrystaatse gemeenskappe in die teenoorgestelde rigting.”

Susan en haar span is inderdaad helde. Hulle is die mense wat ons toekoms ’n kans gee. ’n Toekoms wat byna in staatskaping van ons kinders geroof is. Hulle is eintlik méér as helde. Hulle is ons engele.

Meer oor:  Staatskaping  |  Politiek  |  Helde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.