Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Help verval stuit in stede, dorpe
Gert Coetzee

Bloemfontein bly die lekkerste leefstad in die land. Minus ander oorskatte stede se verkeer. Agt minute soggens werk toe – op ’n slegte oggend – kan nie geklop word nie.

Dit sluit nie die oë daarvoor dat die geliefde Rosestad ’n flentergatplek raak nie. Al moes kuiermense van elders dit uitwys. Hulle was jare gelede laas hier en dus meer bedag op die verval as ons plaaslike Mangaungers wat geleidelik daaraan gewoond geraak het.

Op my roete: Die opknapping van Kenneth Kaundarylaan stotter soos ’n longitudinale golf – kort rukkings met baie lang stiltes tussen-in. Met onkruid wat tussen die halfvoltooide werk en orige boumateriaal deurgroei. En die gelapte pad wat al weer tekens van verweer toon. Die slote teenaan die randsteen bly onopgevul.

Strate vol wapperende swart sakke en gestrooide rommel in Hillside, oorkant Noordstad en neffens die vullisgate. In Kloofstraat. Ag, oral.

Stukkende strate met slaggate groter as die Bermuda-driehoek. Stukkende verkeersligte, gebuigde pale, vermiste padtekens, gebreekte randstene. Oop gate wat ná die herstelwerk (hopelik) aan waterpype net so bly lê.

Stukkende strate met slaggate groter as die Bermuda-driehoek.

Toegegee, die MMMM (mislukte Mangaungse metromunisipaliteit) se departement paaie, pale, padtekens, plante, riool en slaggate kan nie voorbly nie, veral ná naweke wanneer demone snags in Bloemfonteinse strate los is. Op Maandag lyk dit soos ’n slagveld. En eers Vrydagmiddag om 17:00, wanneer oortyd-betaling intree, trek die liewe departement PPPPRS verwoed weg. Werk halfpad, en laat dit tot die volgende oortyd-sessie lê.

Verstopte rioolpype is ’n instelling. Die radeloses neem hul toevlug tot die koerant. Ná die berig word (soms) blitsig ingegegryp, maar ’n proaktief doeltreffende stelsel bestaan nie.

Dit sukkel mog’t troffe aan.

Hole neem toe. Die skole Roseview, Dr. Viljoen en HTS Louis Botha sukkel met die vullis in Ellastraat (langs die matrasse waar straatkinders raak). Die verkope van drank en dwelms naby die skool skep probleme. ’n Mens voel sommer die leerkragte se magtelose frustrasie aan. BloemNuus het onlangs hieroor berig, maar dit sluimer voort.

Bloemfontein se probleme is nie eie nie. Vista (in die Goudveld) berig onder “Geen einde aan klagtes” oor wateronderbrekings, rioolverstoppings, opgehoopte vullis en vrot amptenare.

Noordkaap berig oor Kimberleyse slote in paaie en op sypaadjies waarin inwoners en motors val. Kroonnuus het berig oor die Gatvol-besigheidsaksie. In Bethlehem lig VrystaatNuus haperende dienslewering uit. En ons Kalahari-Bulletin (Upington en Kuruman) en Express (Mangaung, Kimberley) ook.

Maar ook oor inwoners wat inspring, self hande uitsteek, groepe stig en aanvul waar munisipaliteite slaplê.

Dit is die punt. Dit is realiteit dat die ANC-munisipaliteite inwoners in die steek laat. Daar is meer redes hiervoor as wat daar #GuptaLeaks-e-posse is.

Die vraag is hoe jy op die realiteit reageer. Respons is wat verandering meebring, Veral as jy weet jy gaan nie aan die realiteit – vrot ANC-rade – kan verander nie. Beheer dus wat onder jou beheer is – eerder as om een van diesulkes te wees wat swart sakke in die straat laat ophoop. En as dit ’n vakansiedag is en die swartsaklorrie slaan jou oor, doen jy nie eens moeite om dit in jou eie werf terug te dra nie.

Maak agter jou eie bas, in jou eie werf en op jou eie sypaadjie skoon. Aanvaar tesame aanspreeklikheid vir jou buurt. Verdien die reg om te mag kla. Kla konstruktief. Moenie daal tot Olly Mlamleli, MMMM-burgemeester, se peil van swart teen wit nie. Ja, dit maak mens woedend. Maar, in geykte taal, bly die keuse joune of jy deel van die oplossing of van die probleem is.

Meer oor:  Gert Coetzee  |  Brandpunt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.