Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Herman Lategan: Los jou gramskap tuis as jy parkeer

gramstorig b.nw. Geneig tot toorn, driftig, opvlieënd, boos, kwaad. – Woordeboek van die Afrikaanse Taal (A – SKOOI). Hoofredakteur: W.F. Botha.

Nomsa staan ses dae van die week om 05:00 op. Weeksdae moet sy haar twee kinders regkry vir skool, toebroodjies inpak, ’n paar kledingstukke stryk.

Sy woon in Khayelitsha. In die winter is dit donker wanneer sy stasie toe stap. Die treine is altyd laat.

As sy gelukkig is, sal sy net voor 07:30 by haar kantoor aankom. Indien sy sien die trein gaan baie laat wees, moet sy by ’n stasie uitspring en ’n taxi vat.

Sy is een van Kaapstad se agtergrondmense, maar tog het vele motoriste daagliks van aangesig tot aangesig kontak met mense soos sy. Sy is ’n formele parkeerbeampte. Die persoon wat agter jou aanhardloop as jy jou motor aanskakel. Hul uniforms bestaan uit ’n paar swart stewels, ’n kep en ’n oranje jakkie. By hulle is ook ’n ID-dokument en selfoon waarmee hulle die motor se registrasienommer afneem.

Mense soos Nomsa interesseer my nadat ek ’n vrou in ’n swart Porsche Cayenne haar humeur met ’n parkeerbeampte sien verloor het. Die madampie het haar beursie woedend oopgemaak en al die kleingeld in die vrou se gesig gegooi.

Sy is rasend omdat sy glo sy kan haar motor gratis of vir goedkoper parkeer, maar soos baie motoriste is sy kwaad vir die verkeerde persoon. Dit is nie daardie mens wat jou geld kom gaps nie, dit gaan na die stadsvaders.

Soms is jy in ’n stil gedeelte van die stad, dan is dit maar jou probleem. Niemand kla nie, werk is uiters skaars.

Maandag het ek met vyf vroue en vyf mans in verskillende gebiede in die stadskom en Seepunt gesels. As jy ses dae ’n week werk, verdien jy ’n basiese salaris van R950 per maand.

Jy werk van 08:00 tot 17:00, op jou voete, sonder pouse vir tee of middagete. Saterdae is halfdag.

Elke dag kry jy ’n bepaalde parkeerarea. Daar is ’n sekere bedrag geld wat van jou verwag word om aan die einde van die dag vir die diensverskaffer, Street Parking Solutions, in te handig. As jou teiken byvoorbeeld R1 000 is, en jy maak R1 100, kry jy die oorskot.

As jy nie oor die R1 000 invorder nie, kry jy niks nie. Dan gaan jy huis toe met leë hande.

Soms is jy in ’n stil gedeelte van die stad, dan is dit maar jou probleem. Niemand kla nie, werk is uiters skaars.

Hulle kan tussen 25 en 100 motors dek. Soms kan jy wel R150 of meer maak, maar dit wissel drasties van dag tot dag.

“Die mense wat hul motors vir ’n hele dag in een plek parkeer, is die ergste,” vertel een vrou. “Niemand kan dit dan deur die dag gebruik nie. Van hulle spring gou in hul motors en jaag vinnig weg.”

Dit is die vroue wat die ergste onder motoriste se kru humeure deurloop. Mans en vroue van alle bevolkingsgroepe is skuldig. “Elke dag moet ek myself sielkundig voorberei vir hul uitbarstings,” vertel nog ’n vrou. “Een aand het ek op die trein al die pad huis toe gehuil.”

  • Lees ook die onderhoud met Herman Lategan oor sy nuwe boek hier.
Meer oor:  Woorde Wat Wip
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.