Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Woorde wat wip:
Herman Lategan: Misken in lewe; toe sy weg is, skyn son flouer

misken ww. Geen besef hê van die belang of wese van iets of iemand nie. – Woordeboek van die Afrikaanse Taal (A – SKOOI). Hoofredakteur: W.F.
Botha.


Die radio was in die agtergrond aan toe ek hoor hulle speel “Son of a Preacher Man”, ? liedjie deur Dusty Springfield (regte naam Mary O’Brien), wat uit 1969 dateer. Herinneringe, sonder rede, het gevloei.

Sy was bekend vir haar rokerige laatnagstem, minsame voorkoms, maar ook vir haar vele blonde byekorfpruike en vals wimpers. Rolling Stone het eenkeer geskryf haar interpretasies van ballades was gelykstaande aan dié van groot kokkedore soos Frank Sinatra en Billy Holiday s’n.

Haar pa het haar as kind liederlik verbaal geboelie, sy het geen selfvertroue gehad nie en moes ook haar seksualiteit wegsteek. Sy het haar lewe lank aan selfhaat gely, tog het sy miljoene aanhangers gehad.

Toe sy Suid-Afrika in 1964 besoek, is sy binne ’n dag gedeporteer omdat sy geweier het om op te tree as dit nie voor ’n gemengde gehoor kon wees nie. Sy is uit die land weggejaag en dit het haar seergemaak, want sy is in Brittanje deur haar platemaatskappy oor die kole gehaal en verneder vir haar standpunt.

Sy was gedurig laat, want haar grimering het drie uur geneem. Die gevoel dat sy altyd perfek moes wees, het haar nooit verlaat nie.

Winkels, kroeë en klubs het in hul vertoonvensters en ingange die omslae van haar langspeelplate prominent uitgestal met blomme en kerse.

Dusty was gewond en het daarom erge woedebuie gekry. Haar onkonvensionele gedrag was ’n gegewe.

Op ’n dag het sy al haar meubels in die swembad gegooi. Sy het graag verdwaal al het sy ’n padkaart by haar gehad (metafories ook).

Daar was gerugte sy het aan obsessief-kompulsiewe neurose gely en het die gewoonte gehad om incognito op Heathrow te gaan sit en die vliegtuie oor en oor te tel. Sy wou veilig voel, maar kon nooit nie.

Later het vodka en pille haar loopbaan gereduseer tot ’n nagklubsanger in Hollywood se slegter kroeë waar sy haar woorde vir haar eie liedjies moes mimiek. The Spectator skryf haar voortande was uitgeslaan.

Hierdie lewe darem. In Maart 1999 is ek op besoek aan die jaarlikse Sydney Gay and Lesbian Mardi Gras, die grootste ter wêreld. Oor die 100 000 besoekers van alle oriëntasies van oor die aardbol heen kom besoek die stad vir kuns, teater, partytjies, optogte, boekpraatjies en ’n gekattemaai wat omtrent ’n week lank duur.

Die aand van 2 Maart word daar in een van Sydney se besigste strate, Oxfordstraat, oor luidsprekers aangekondig
Dusty Springfield is dood. Binne ure verskyn die een fopdosser ná die ander, perfek soos Dusty aangetrek.

In gelid en met kerse het hulle die lang straat afgeloop terwyl van haar musiek luid gespeel is, liedjies soos “If You Go Away”, “You Don’t Have To Say You Love Me”, en baie ander.

Winkels, kroeë en klubs het in hul vertoonvensters en ingange die omslae van haar langspeelplate prominent uitgestal met blomme en kerse. Dae daarna kon jy nie by ’n plek verbyloop sonder om aan haar herinner te word nie.

By die jooloptog was daar ’n minuut van stilte.

Die ironie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.