Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Het ons nog politici nodig?

Hoe relevant is politici nog in ’n land waar ander rolspelers in die samelewing goed met mekaar saamwerk? vra Danny Titus.

Danny Titus

Vanjaar se Trialogue-konferensie oor die rol van die sakesektor in die samelewing het weer nie teleurgestel nie.

Vir twee dae kon ons hoor hoe Suid-Afrikaanse maatskappye hul korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid nakom.

Die belangrikste temas was oor die private sektor se betrokkenheid in onderwys, innoverende finansiering vir ontwikkeling, die bestuur van risiko en reputasie in ontwikkelingswerk en die bou van gesonde verhoudinge in ontwikkelingswerk.

Die kern van die gesprek was dat dít alles gaan oor vennootskappe; vennootskappe tussen besigheid, die regering en die burgerlike samelewing.

Dié samewerking word gesien as die laaste bolwerk teen korrupsie. Dit is waar die Grondwet en die reg in die algemeen gestalte kry.

Volgens Nick Rockey van Trialogue is daar steeds maatskappye wat misluk, onaanspreeklikhede, gierigheid en korrupsie. Maar daar is reeds ’n positiewe verandering in korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid en die impak wat gemaak word in die samelewing.

Dié betrokkenheid is nie ’n nagedagte nie, ook nie ’n filantropiese ingesteldheid nie. Dié betrokkenheid van die private sektor in die samelewing se sosiale behoeftes is gewoon baie goed vir besigheid.

As ’n vennoot het die private sektor daarom geen ander keuse as om sy stem in Suid-Afrika te laat hoor nie.

Ons is gewaarsku teen een mens, een stem. Tog is ons nou teen al die verwagtinge by ons sesde algemene verkiesing.

Albie Sachs, oudregter van die konstitusionele hof, het as gasspreker klem gelê op ons Grondwet en grondwetlikheid. Ons het dalk ons standaarde te hoog gestel deur die Grondwet gelyk te wil stel aan oudpres. Nelson Mandela en verkeer in die spanningsveld tussen perfek wees en korrupteerbaarheid.

Ons sien nou hoe mense wat in die hart van die bevryding gestaan het, korrup geword het. Tog moet ons besef ons het naas die parlement die hoofstuk 9-instellings van die Grondwet om ons teen onsself te beskerm.

Volgens Sachs moet ons toelaat dat dié instellings hul werk doen.

Hy het ook verwys na enkele hoogtepunte in ons demokrasie.

Ons is gewaarsku teen een mens, een stem. Dit sou volgens die Afrika-tradisie een mens, een stem, een keer wees. Tog is ons nou teen al die verwagtinge by ons sesde algemene verkiesing.

Sachs het voorts verwys na die regterlike mag wat teen die regering en oudpresidente Mandela, Thabo Mbeki en Jacob Zuma uitsprake gelewer het. En hulle het dit aanvaar.

Die kantoor van die ouditeur-generaal het volgens Sachs meer gedoen vir die beskerming van menseregte as al die ander instellings saam.

Hy het Suid-Afrikaners, en in besonder die private sektor, daarop gewys dat ons grondwet ons in staat stel om ’n interaktiewe nasie te word. Dit beteken aktiewe deelnemers.

Die konferensiegangers het aandagtig geluister hoe Sachs sê hy word met energie vervul as hy sien hoedat die Grondwet sy werk doen te midde van korrupsie.

Die afwesigheid van politici by die konferensie was nogal opvallend, veral omdat ons in verkiesingstyd is.

Hulle het daarna gehoor hoe verskeie ondernemings met die onderwysowerhede en navorsers saamwerk om ’n oplossing vir die onderwyskrisis in die land te probeer kry.

Ander is weer betrokke by watersuiwering, gesondheid en telekommunikasie.

Almal leer by mekaar.

Die afwesigheid van politici by die konferensie was nogal opvallend, veral omdat ons in verkiesingstyd is.

Terwyl rolspelers in die Suid-Afrikaanse samelewing en die private sektor by die konferensie met mekaar in gesprek was, was dit duidelik dat verkiesingspraatjies op ’n ander planeet plaasvind.

Ek moet myself voortdurend vra hoe relevant is politici, hoe relevant is die verkiesing?

Want dit lyk tog of die Suid-Afrikaanse samelewing goed kan aangaan sonder die politieke geraas.

* Dr. Titus is direkteur van korporatiewe aangeleenthede by die ATKV. Menings van rubriekskrywers is hul eie en weerspieël nie noodwendig dié van Netwerk24 nie.

Meer oor:  Albie Sachs  |  Danny Titus  |  Onderwys  |  Ekonomie  |  Verkiesing 2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.