Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Hier is ’n handsak nie net ’n handsak
spot

Vryburger sien John Steenhuisen, nuwe tussentydse waarnemende federale leier van die DA, sê hy is sy eie man in die politiek. Helen Zille se handsak sal hy beslis nie dra nie.

Dit het Vryburger laat dink aan die fliek The Iron Lady waarin Margaret Thatcher se Asprey-handsak só ’n prominente rol speel – sy dra dit nie as ’n bykomstigheid nie, maar as ’n politieke stormram. Soos John Whittingdale, die Ystervrou se politieke sekretaris, al per geleentheid verduidelik het: “It was a prop. She would produce it very visibly at big meetings to show she meant business.”

Robin Givhan, voorheen moderedakteur van The Washington Post, het Vryburger verdere insig in handsak-sake gegee: “Those bags instilled fear in colleagues and combatants alike. What was lurking inside them? What might she pull out: incriminating papers, devastating notes, embarrassing memorabilia? For men, the handbag is a vast, vaguely terrifying mystery. What personal unmentionables lie within?”

G’n wonder Steenhuisen is so bang vir Zille se handsak nie! Dalk het hy een van sy eie nodig . . .

spot

Gaan die handsakke vlieg?

So gepraat van Thatcher, met die SAL-staking en Numsa wat ook mor oor die Eskom-planne, kan Vryburger sien hier kom ’n allemintige koppestamp tussen die Ramaphosa-regering en die vakbonde. Dis nou onder meer omdat Pravin Gordhan vasskop oor lone en sê hy gaan nie verder hand in die sak steek nie. Gaan hy en Rama­phosa ook die vakbonde kan knak soos Maggie van ouds dit gedoen het?

Intussen fluit ’n voëltjie dat die Zuptaïete reeds die messe slyp vir Ramaphosa, Gordhan en Tito Mboweni vir vandag se ANC-koukusvergadering. Klink vir Vryburger of hulle ook maar hul handsakke gereed moet kry . . .

Baie warm LUG, maar geen DIENS

Derduisende Suid-Afrikaners is die laaste ruk ontwrig deur die staking van SAL-personeel. Nou staan SAL vir Soek Ander Lugdiens.

Meer oor:  Vryburger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.