Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Hierin lê die waarde van kontreistories

‘Wie was Blokkies Joubert?”

David Kramer sê nouse dae verwys hy die nuuskieriges na wat ek op die plaat se omslag geskryf het. Maar ek moes al self hoor hoe twee gesiene, geleerde manne kliphard in die koöperasie stry oor of Blokkies eintlik Koffie Hofmeyr (toe prokureur in Montagu) is, wat in 1937 vir die Springbokke senter teen Nieu-Seeland gespeel het.

Snaaks dat mense so soek na “wat waar is” agter verhale. Daar is baie bygelowe wat in gesprekke ronddwaal. Die enigste wat Koffie en Blokkies gemeen het, is die “-ie” in hul name.

Maar stories, ook in liedtekste, ís die “reine waarheid” wat uit die duim gesuig word om goeie verhale te kan word. Blokkies Joubert is ’n goeie verhaal, nie omdat dit iets met Koffie Hofmeyr te make het nie, maar omdat die storie soveel vertel van ons menslike toestand – van hoe álle mense die aangename hoogtepunte in ’n lewe telkens weer belewe, óórspeel.

Vreemd van kontreiverhale is dat dit soms “minder” geag word as sogenaamde “literêre verhale” omdat dit “ligter” is, makliker streekgebonde. Lees Adam Small se Kanna-verhaal en Dana Snyman se lappieskombers van plekke en kameetjies van menswees en oordeel self of dit waar is. Volgens Hennie Aucamp was die geselligheid in Herman Charles Bosman se Marico-verhale soms skyn. Liefde, haat, jaloesie – die gróót temas – kom ook in “heimatkunst” voor.

Gewen het hy natuurlik nooit, maar verloor ook nie!

Natuurlik speel “die waarheid” ’n rol. Die mense van Nissenville, wat gewoonlik vir die bioskoop op die galery gesit het, ís uit my geboortedorp se stadsaal verjaag. Dis vreemd hoe by kontreiverhale, waarin na “die waarheid” oor die karakters gesoek word, die historiese werklikhede dikwels nie raakgesien word nie.

Toegegee, Klein-Karoo-verhale is soms net heerlik uitgelate. Dit sou my nie verbaas as die koei agter op Stanley de Witt-hulle se bakkie regtig geval het nie, maar dat sy gegly en op sy skóót gaan sit het, is doodgewone “lekker lieg!”

Terselfdertyd glo ek nie Stanley het eens aan stories gedink toe hy die sementlikkewaan gemaak het wat die vrugte-eters van sy poedingboom (vier soorte vrugte geënt op ’n appelkoosboom) moes weghou nie. Dit lê nou nog daar.

En toe hy vir homself die lottomasjien gemaak het? ’n Groterige konfytblik met ’n gat vir die boontjies en oop gate aan die teenoorgestelde kant waardeur die boontjies kon uitval.

Op elke boontjie het hy met ’n pen ’n syfer geskryf. ’n Handvatsel kon die blik in die rondte draai. Sy raaiskote is in ’n skoolboek aangeteken. Gewen het hy natuurlik nooit, maar verloor ook nie! Die punt is: Dit is meer as wat die hele dorp met al die vals lottohoop kon sê!

In ons dorp genaamd aarde, in ons land waar ons onthou met oorgawe verwaarloos, bly die kontreiverhaal vertel van die klein menslike dramas binne die groter historiese gebeurtenisse. Die “gety van daardie liefde”, om Jan Rabie se woorde te gebruik, is sterk.

Meer oor:  David Kramer  |  Verhale
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.