Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Hieroor was Nietzsche toe heeltemal verkeerd
Heinz Mödler
Heinz Mödler

Niemand van ons het slegte ondervindings nodig nie, maar die van ons wat reeds trauma ervaar het, is volgens die Duitse filosoof Friedrich Nietzsche sterker daarna. Wanneer die onheil weer toesak, sal jy jou beter teen die aanslag kan staal.

Hierdie bekende stelling van die swaargewig-filosoof is ’n paar jaar gelede deur ’n span navorsers bevraagteken en getoets.

Die sogenaamde Ring van Vuur wat die Stille Oseaan omring, is ’n gebied wat weens anatomiese defekte in die aardkors, dikwels deur aardbewings en tsoenami’s geteister word.

Mense wat in hierdie ring woon, is alte bewus van die swaard wat daagliks oor hul koppe hang en probeer paraat wees deur geboue struktureel te versterk en veilige wegkruipplekke te bou.

Meeste volwassenes is al voorheen aan ’n ramp blootgestel en volgens Nietzsche behoort ’n herhaling dus minder traumaties te wees.

Vorige trauma sal iemand meer blootstel en vatbaar maak vir nadelige psigiatriese nagevolge – in direkte teenstelling met wat ons voorheen geglo het.

Die dorpe Concepción en Talcahuano in Chili (dus in die Ring van Vuur) is as studiemateriaal gebruik. Navorsers het die inwoners in twee groepe verdeel, die wat voorheen erge trauma ervaar het, en die wat nog nie het nie.

Trauma het nie net aardbewings en tsoenami’s ingesluit nie, maar ook insidente soos die lewensverlies van ’n geliefde, aanrandings, werkverlies en finansiële krisisse, want enige erge trauma het die neiging om posttraumatiese stressteurings (PTSS) of depressiewe episodes te veroorsaak.

Nadat die studie se aanvoorwerk gedoen is, was dit net ’n kwessie van tyd voordat almal aan ’n traumatiese gebeurtenis blootgestel sou word: In 2011 tref een van die kragtigste aardbewings Chili en honderde mense sterf of word ernstig beseer. Die inwoners is in rep en roer en soek naarstigtelik na geliefdes, hulp en kos.

Die groepe wat voor die aardbewing geanaliseer is, is weer gebruik om Nietzsche se woorde te toets. Die groep wat voorheen trauma ervaar het, moet mos die groep wees wat tydens die gebeurtenis kalm bly, ander moed inpraat, en beheer oor die chaotiese situasie neem. Ook moet hierdie groep mense insluit wat meer weerstandig is teen die ontwikkeling van PTSS en depressie-probleme nadat die status quo weer herstel is.

Ongelukkig vir Nietzsche het die resultate die teenoorgestelde getoon. Dit was juis hierdie groep wat baie meer paniekerig tydens die aardbewing was, en wat gesukkel het om die situasie nugter en georden te hanteer.

Ook ná die tyd het hierdie groep ’n hoër voorkoms van PTSS en depressie getoon.

Hierdie insiggewende studie postuleer dat vorige trauma iemand meer blootstel en vatbaar maak vir nadelige psigiatriese nagevolge – in direkte teenstelling met wat ons voorheen geglo het.

’n Mens raak dus nie sommer gewoond aan chroniese mishandeling, boelie-gedrag en afknouery nie. Hoe langer die trauma aanhou, hoe moeiliker raak dit vir die persoon om uit sy of haar omstandighede te ontvlug. Wat ontvlugting nog moeiliker maak, is dat die persone wat dikwels vir die trauma verantwoordelik is, nie vriende of kollegas is nie, maar jou eie familie.

  • Dr. Mödler is ’n medikus, skrywer en kunstenaar van Kaapstad.
Meer oor:  Heinz Mödler  |  Navorsing  |  Sielkunde  |  Trauma  |  Geestesgesondheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.