Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Hier’s afgelope drie maande se nuwe woorde

Ons lewe in ’n wêreld wat deurentyd verander. Met woorde probeer ons van dié wêreld sin maak. Elke dag is daar nuwe dinge wat benoem moet word, nuwe gebruike van bestaande woorde wat verduidelik moet word.

Jana Luther

Woordeboeke van ’n lewende taal moet dus deurentyd hersien word. Dit behels van die woorde wat ons op een plek bymekaarbring – nuwes; oues met nuwe betekenisse; nuwe samestellings; woorde wat misgekyk is. Formeel, informeel; woorde uit verskillende variëteite; eiegoed, leengoed.

In die Virtuele Instituut vir Afrikaans se nuwe Woordeboek van Eietydse Afrikaans is daar by die skryf hiervan reeds 1 126 artikels.

Van aaire (“eerder”), uit Kaaps, tot by Zumaïet.

Hier is van Junie tot Augustus se nuwe inskrywings:) abbagemeenskap – ’n gemeenskap van mense wat mekaar “dra” en ondersteun. ) bullebakkie – ’n bielie van ’n bakkie (raakgesien in Weg!).)

cisgender – met ’n genderidentiteit wat pas by die geslag wat by sy/haar geboorte geïdentifiseer is.) damprook – die dampe van ’n damptoestel of e-sigaret wat ingeasem en uitgeblaas word.)

ekobaksteen – ’n plastiekbottel gevul met niebioafbreekbare rommel, as boumateriaal gebruik.) fleksitariër – iemand wat net af en toe vleis en/of ander produkte van diere eet, maar (anders as vegetariërs en veganiste) diereprodukte nie heeltemal vermy nie.) gedragsbank – ’n bank wat vir goeie finansiële gedrag sy kliënte met finansiële voordele beloon.) handblitser – ’n elektriese handtoestel vir die meng, kap en fynmaak van kos.)

internet van dinge – ’n netwerk toestelle met mikroskyfies wat aan die internet gekoppel is sodat hulle van ’n afstand beheer kan word en selfstandig kan kommunikeer en werk.) je ne sais quoi (uit Frans) – vir ’n moeilik beskryfbare kwaliteit. ) kweekvleis – vleis wat kunsmatig in ’n laboratorium of fabriek uit stamselle gekweek word.)

malediktologie – die studie van vloektaal, vloekwoorde en vloekgedrag.) noenoes – mooi; oulik; fraai.) omgewingsangs – angs oor die onomkeerbare skade wat ons die aarde berokken.) plastieksop – groot hoeveelhede plastiekafval wat deur seestrome byeengespoel word.) raka’at – buigingsritueel van ’n Moslemgebed.) skopskeloelie – speletjie waarby die deelnemers ’n bal na gapings tussen hulle skop.) twansie – meegee; omval; in duie stort.)

umngqusho – (uit Xhosa) stampmielies en bone.) voufoon – selfoon met ’n skerm wat soos ’n boek in die helfte kan vou.) woongaping – verskil in woongeleenthede vir ryk en arm mense.) yuppifikasie – stelselmatige verandering van ’n arm woonbuurt deur mense met meer geld wat daar kom woon en/of sake doen.)

  • Luther werk by viva-afrikaans.org
Meer oor:  Woord  |  Taal  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.