Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Hoe kort is ons en die wêreld se geheue nie
Johan van Wyk

Verbaas dit enigiemand dat ’n borsbeeld en skildery van genl. Jan Smuts by die Universiteit van Cambridge in Engeland verwyder is, glo omdat hy deel van apartheid was? Ons weet mos hoe die Engelse kan omswaai, en dat stank vir dank die wêreld se loon is.

Die ironie is dat ’n hele geslag Suid-Afrikaners weens hul swak geskiedenis- en algemene kennis, danksy gebrekkige onderwys, skaars nog weet wie Smuts was. Hy is reeds 68 jaar dood.

In koerantberigte oor dié klap in sy gesig is darem vermeld dat hy een van die briljantste studente aan Cambridge in 600 jaar was. Sy regsgraad het hy dubbel cum laude behaal.

Was hulle onbewus daarvan dat hy ook van 1948 tot sy dood in 1950 Cambridge se kanselier was, die enigste nóg van buite die Britse Ryk?

Het die koerante en Cambridge vergeet dat hy ook die stigterslid van Brittanje se Royal Air Force en die Suid-Afrikaanse Lugmag was?

Teen die einde van sy merkwaardige lewe het Smuts daardie gesogte verering deur een van die wêreld se top-universiteite bestempel as die hoogtepunt van sy roemryke loopbaan as regsgeleerde, Boeregeneraal, politikus, internasionale staatsman, denker, filosoof en intellek­tuele reus (volgens Albert Einstein was Smuts een van net ’n paar mense wêreldwyd wat sy komplekse relatiwiteitsteorie verstaan het).

Het die koerante en Cambridge vergeet dat hy ook die stigterslid van Brittanje se Royal Air Force en die Suid-Afrikaanse Lugmag was? Dat hy in die Eerste én Tweede Wêreldoorlog deel was van die Britse oorlogs­kabinet, met die rang van veldmaarskalk?

Dat Winston Churchill verklaar het dat hy met Smuts aan sy sy vir enigiets kans sien? Dat hy die aanvoorwerk vir die totstandkoming van die ou Volkerebond, later die VVO, gedoen en die aanhef tot sy grondwet opgestel het?

Hoe kort is die wêreld se geheue nie!

Hoe kort is die wêreld se geheue nie!

Die vraag is nou wat in die verdere “suiwering” van die apartheidsverlede met standbeelde van Smuts en ander leiers in Suid-Afrika gaan gebeur (selfs die beeld van koningin Victoria met ’n aardbol in haar hand by die parlement in Kaapstad) terwyl die soveelste beeld van Mandela in aantog is.

Soos my vriendin Margaret Thom van Groot- Brak sê wanneer vraagstukke waarvoor daar nie antwoorde is nie ter sprake kom: “I don’t know!”

As hy kon, sou die pragmatiese Smuts waarskynlik gesê het: “Let things develop.” Dit was sy gunsteling-antwoord wanneer hy self nie raad vir veral Suid-Afrika se broeiende rassevraagstuk gehad het nie.

En wanneer sy kritici en politieke teenstaanders hom keffende in ’n rigting probeer dwing het, het hy gesê: “The dogs bark, but the caravan moves on”, bedoelende sy eens magtige Verenigde Party, nou kwalik ’n vae herinnering, stu onwrikbaar voort.

Nee, ek is nie Bloedsap nie. Maar ek gee graag aan ’n Afrikaner wat aan die wêreld getoon het van watter stoffasie Afrikaners gemaak is en waartoe hulle in staat is, die eer wat hom toekom – al het hy Jopie Fourie laat doodskiet en, volgens baie, Afrikaners by tye verraai.

Meer oor:  Johan Van Wyk  |  Jan Smuts  |  Standbeeld  |  Apartheid  |  Geheue  |  Britte  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.