Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Hoekom laat ons leiers toe om ons te mislei?

Mense vra dikwels hoe hulle in die tyd van apartheid kon toelaat dat hulle mislei word deur hul leiers. Maar dié vraag is ewe geldig in die moderne era, sê Danny Titus.

Danny Titus

Sy naam is Marius Heystek, oudpolisiehoof uit die vorige bedeling.

Hy was hoofsaaklik werksaam in die veiligheidstak in Soweto, wat Lenasia ingesluit het.

Hy het las van sy een knie en loop nie meer so lekker nie. Ons ontmoet mekaar op die grondvloer. My kantoor op die tweede vloer sou net te lastig wees.

Ons gesels uit die hart. Hy het baie ervaring, is wyd belese en ons begin sommer oor die Jameson-inval te praat.

Maar dis wanneer ek van ons gemeenskaplike vriend prof. Gerrie Lubbe begin praat dat dié deurwinterde veiligheidspolisieman sy hart oopmaak. Gerrie Lubbe het ons in Januarie 2016 ontval ná ’n stryd teen kanker. Hy was 74. Dit was op sy begrafnis dat ek Marius Heystek ontmoet het.

Gerrie was die anti-apartheidsdominee uit Zeerust wat sedert 1970 by die Via Christi-gemeente van die VGK in Lenasia gewerk het.

Sy meestersgraad in Semitiese tale aan die destydse RAU het gegaan oor die uitbeelding van die Jode in die Koran en sy doktorsgraad oor die Moslem Regterlike Raad.

Heystek (“Moenie worrie oor my titels nie. Noem my Marius!”) vertel hoe duidelik sy geloof in goed en kwaad was: Dit was die kommunisme finish en klaar.

Ons land het baie sulke verhale wat moed gee, kragtige verhale wat in die meeste gevalle oor doodgewone mense handel.

Ná die koms van die demokrasie kon hy terugval op sy fokus op die menswaardigheid waarmee hy aangehoudenes behandel het en hulle kan dit bevestig.

Islam het hom ernstig gegrief. Die feit dat menselewens so nutteloos opgeoffer kon word, het hom as oudpolisieman in die hart geruk.

Toe kruis sy pad met dié van Lubbe wat by hulle kerk kom praat het oor Islam en die Christendom. Marius en Gerrie was Setswana magtig en Marius het sy vriend in Setswana bedank.

Ons land het baie sulke verhale wat moed gee, kragtige verhale wat in die meeste gevalle oor doodgewone mense handel.

Dis egter wanneer die skynbaar onversoenlikes bymekaar kom dat ons regop sit.

Hoe kon parlementslede Mbeki, Zuma steun?

Ek vra Marius of hy al gedink het om sy verhaal te boek te stel.

Dit is tóé dat hy al my antennas inskerp: “Ek wou al, sê hy, en ander mense het my ook hieroor gevra. Die een vraag waarvoor ek elke keer te staan kom”, verduidelik hy, “is hoe was dit moontlik vir my leiers om vir my, ’n intelligente man, te laat glo dat die politieke keuses van ons tyd reg was?”

En met die eerlikheid en openhartigheid van ’n deurwinterde polisieman vra hy: “Hoe was dit moontlik vir my om hulle te glo? Ek het twee bruin kollegas gehad. Dit was maklik om met die een oor die weg te kom, want hy was so blank soos ek. Die ander een was ’n bietjie moeiliker want hy was swart en jy sou nooit kon sê hy was bruin nie.

Is die Heystek-vraag nie net so van toepassing op ons huidige bedeling nie?

“Maar hulle albei was puik kollegas. Hoe kon ek nou by die een deur vir wittes in en hulle moet by ’n agterdeur in?”

Dit is toe dat ek dink aan oudpres. Thabo Mbeki wat ’n vigs-ontkenner was en daardeur na raming duisende mense en hul families gruwelik benadeel het. Hoe was dit moontlik dat die ANC en ANC-parlementslede wat hom hierin ondersteun het so mislei is?

Oudpres. Jacob Zuma het inderwaarheid Mbeki se hele benadering tot MIV/vigs omvergewerp, maar op sy beurt weer ’n kultus begin wat sy korrupsie en ander wandade ondersteun het.

Is die Heystek-vraag nie net so van toepassing op ons huidige bedeling nie?

Nadat ANC-parlementslede Mosiuoa (Terror) Lekota verlede week probeer doodskreeu omdat hy die vrae gevra het oor die herverdeling van grond sonder vergoeding, wou Max du Preez by hulle weet: “Wie is julle om so te kere te gaan? Julle het onlangs Nkandla goedgekeur en adv. Thuli Madonsela en ander verguis.”

* Dr. Titus is die ATKV se uitvoerende direkteur van kultuur.

Meer oor:  Thabo Mbeki  |  Jacob Zuma  |  Danny Titus  |  Leierskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.