Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
KYK: Hoekom gaan Netwerk24 hof toe oor Nkandla-verslag
Adriaan Basson

Die land is in 'n groter krisis as wat ons dink indien die spesiale ondersoekeenheid (SOE) sy Nkandla-verslag gesuiwer het om pres. Jacob Zuma te beskerm. Daarom bring Netwerk24 ‘n hofaansoek teen die SOE om die meer as 20 voorlopige Nkandla-verslae in die hande te kry.

Soos wat die Watergate-skandaal oudpres. Richard Nixon van Amerika se politiek loopbaan in 1974 beëindig het, lyk dit al hoe meer of die Nkandla-skandaal pres. Jacob Zuma se einde vinnig nader bring.

Vertroue in Zuma is op 'n laagtepunt en mens hoor al hoe meer opvolgpraatjies in die ANC.

Dis verkiesingsjaar en Zuma en die ANC is in die moeilikheid.

Zuma se bisarre skikkingsvoorstel in die konstitusionele hof beklemtoon die desperaatheid van ons teflon-president. Waarom wil Zuma skielik betaal vir die opknappings aan sy Nkandla-woning?

Ongelukkig is dit nie weens 'n nuutgevonde sin van verantwoordbaarheid of respek vir die openbare beskermer nie. Dis verkiesingsjaar en Zuma en die ANC is in die moeilikheid. Veral in Gauteng waar die kiesers hulle reeds in 2014 by die stembus vir Nkandla gestraf het.

Meer oor:  Adriaan Basson  |  Jacob Zuma  |  Nkandla  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.