Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Hoor weer die vredeslied

Die wêreld is deurmekaar. In Amerika word mense doodgeskiet in kerke. In Europa jaag fanatici tussen mense op straat in. In Zimbabwe val leiers sonder ’n enkele geweerskoot. Tussendeur sug die wêreld saam met armes en slagoffers van geweld.

Foto ter illustrasie.

Daarom dat ons hier in die Kersfeestyd nodig het om weer die engele se lied te hoor tydens die aankoms van Jesus in Betlehem. Onthou jy hul woorde: “Eer aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde vir die mense vir wie Hy lief is.”

Hierdie vredeslied vertel in ’n paar akkoorde net mooi alles van Jesus se sending op aarde. Dit sê God se Vredeskind het opgedaag hier tussen ons.

Elkeen wat hierdie lied hoor en inval by die herders en by almal wat dit vandag nog agterna sing, ervaar iets van God se liefde.

Te midde van die seer en swaar van ’n chaotiese wêreld beleef hulle die Vredeskind van die hemel se nabyheid.

Doen dit saam met hulle! 

Meer oor:  Godsdiens  |  Sielsgoed  |  Vrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.