Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Hopelik vind DA ’n middeweg

Terwyl die DA met ’n proses van selfverwyt en selfgeseling besig is, kan ek my net indink hoe die regerende ANC – met al sy skandale en bagasie – hardop lag en die spektakel geniet.

Ofskoon ek nie juis veel vir die DA omgee nie, is ek bekommerd daaroor dat al hierdie verwikkelinge die amptelike opposisie en uiteindelik ons demokrasie sal verswak.

Rapule Tabane

Die DA is verstrik in ’n titaniese magstryd tussen sy huidige leierskorps onder Mmusi Maimane en talle ou lede wat voel die party stuur weg van sy waardes en dat dit bloot swak gelei word.

Die DA het nie herstel van vanjaar se nasionale verkiesing waarin hy vir die eerste keer in jare steun verloor het.

DA-leiers haat dit om oor ras te praat, maar dit is duidelik die party is vasgevang tussen die behoud van sy ou steunbasis en die lok van nuwe swart kiesers wat hom in die verlede verwerp het.

Maimane was veronderstel om die man te wees wat die ontwykende swart steun vir die DA sou bekom, maar dit lyk of hy misluk het. In die proses beweeg die DA se tradisionele stemblok na die VF Plus. Dit het meegebring dat mense soos die voormalige partyleier, Helen Zille, wil terugkeer om die party te red. Onder Zille se rentmeesterskap het die DA se steun van 12,3% in 2007 tot 22,2% in 2015 gegroei. Volgens Zille is sy herhaaldelik genader om ’n nuwe politieke party in mededinging met die DA te stig, maar het sy dit van die hand gewys omdat sy meen dit is makliker en verkieslik om die DA te stabiliseer as om ’n kleiner party te begin.

“Ek koester geen ambisie om weer die partyleier te word nie. Ons moet weer met ons kiesers kontak maak. Uiteindelik moet die leier verantwoordelikheid neem vir wat skeefgeloop het, en Mmusi het dit gedoen. My eerste opsie is om dinge reg te stel voordat ek na alternatiewe kyk.”

Zille het aan Rapport gesê: “Ek het vertroue dat ons die party intern kan regstel en die eerste stap is dat die leierskorps saamwerk sodat die party weer kan begin groei. Die rol van die raadsvoorsitter is nie om die leierskorps te verander nie.”

Terwyl die DA vir volgende week se federale raadsvergadering voorberei het, was dit duidelik dat daar verskille in sienings is wat die party selfs kan laat skeur.

As Zille wen, sal die DA daarvan beskuldig word dat hy terugbeweeg na die laer en kies om ’n klein, wit party te wees wat nie vir swart leiers gereed is nie.

Want daar is eintlik net twee keuses vir die DA. As Maimane op die een of ander manier oorleef en diegene verslaan wat hom wil uit hê, sal die ontevredenheid voortduur en sal die party waarskynlik aanhou om kiesers te verloor.

Woensdag het die DA juis nog ’n wyk in Mpumalanga aan die ANC afgestaan. Dié enkele voorval is ’n voorbeeld van hoe ’n swak DA selfs nog meer mag gee aan die ANC, wat al 25 jaar lank aan die bewind is. Die land verdien juis ’n sterker opposisie sodat hulle die wigte en teenwigte van mag in stand kan hou.

As Zille wen, sal die DA daarvan beskuldig word dat hy terugbeweeg na die laer en kies om ’n klein, wit party te wees wat nie vir swart leiers gereed is nie.

Hy sal dan dalk van die verlore kiesers terugwen, maar sy groei sal stagneer. Dit sal die suiwer liberale party met al die regte waardes wees, maar hy sal ’n marginale speler wees wat nie die regerende ANC en sy houvas op mag bedreig nie.

Ons hoop dus dat die DA op sy federale raadsvergadering op die een of ander manier ’n middeweg sal vind wat eenheid sal bewerkstellig en alle sienings sal omarm.

  • Die land het ’n sterk opposisie nodig en dit lyk of die DA daardie mantel aan die verloor is, wat kommerwekkend is.
Meer oor:  Rapule Tabane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.