Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Hou jou grense daar

Gesonde grense om jou is noodsaaklik. Dit skep veiligheid, maar bied ook die nodige ruimte vir jou eie privaatheid.

Die Bybel waarsku ons teen dwase wat nie sulke goeie grense in hul lewe het nie en ook geen begrip of respek vir ander mense s’n het nie. Hulle sê en doen wat hulle wil en ook wanneer hulle wil. Hul woedebuie en goor gedrag is wyd en syd bekend.

Goeie grense om jou keer dat sulke mense jou ruimte ongenooid binnedring. Dit keer ook dat jy hul dwaashede beantwoord met ewe dwase woorde of gedrag. Of dat jy al jou tyd opgebruik om met hulle te probeer redekawel. Nooit laat jy afbrekende of kru mense toe in die private ruimte van jou lewe nie.

Ja, jy is altyd vriendelik en toeganklik, maar dit beteken nie jy is alles vir almal nie. Jy is juis doeltreffend vir die Here omdat jy sulke grense daargestel het, nie omdat jy grensloos is nie. 

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Goeie Nuus  |  Sielsgoed  |  Godsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.