Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Hou vas aan jou geloof

Seilbote hou nie van windstiltes nie. Gelowiges ook nie. Geestelike windstiltes is niks lekker nie. Om een of ander rede is die idee by ons ingeprent dat die regte winde altyd in “groot” gelowiges se lewens moet waai. Wel, hier’s ’n nuusflits: Die geloofshelde van die Bybel het ook windstiltes geken.

Vat maar vir Elia, Job of Jeremia. Hulle elkeen het ’n keer of wat gevoel God is baie ver van hulle af. Nader aan ons eie tyd het Martin Luther eenkeer selfs na God verwys as Deus absconditus, die afwesige God. In sulke tye het dit vir Luther gelyk of God nêrens te vind is nie. Tog het hyself, en al die Bybelse figure wat ook sulke gevoelens beleef het, geweet hulle is steeds aan God vasgeknoop. Hulle het geweet God hoor. Hy is nooit weg nie, al voel dit soms so. Leer by hulle, en doen dieselfde.

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.