Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Hy appelleer al teen appèl wat hy gewen het!

Pleks van rugby kyk, sit ons toe die naweek in groot afwagting soos die Katolieke wat daar in Rome wag vir hul nuwe pous se skoorsteenrokie.

En ek sit daar bekommerd oor my ou kindertjies en húl kindertjies se toekoms nadat ek Donderdag daar uit die Oos-Kaap saam op vlug was met van die 5 000 konferensiegangers, wat meer gelyk het asof hulle Oujaar gaan vier as om oor ons piepols se toekoms te gaan besluit.

Al gerusstelling was dat die meeste darem gewigtig genoeg gelyk het om die naweek gewigtige besluite te kan deurstoomroller.

Blouwillem

Oom Johnny sê ons het weer verlede week verniet hande geklap toe Nommer Een in die hogere hof pak gekry het. “Dink julle manne vir één oomblik hy sal daai regskoste uit sy eie sak betaal met Nskandalige hoender-, mielie- of beesverkope?” brom hy.

“Nee wat, man, daar staan ’n ry ouens binne en buite Naasrek wat dié ou sakie vir hom sal uitsorteer. Maar hy sal mos in elk geval weer appèl aanteken met uitspraak hopelik eendag net voor die oordeelsdag. Hy appelleer dan nou nog teen die appèl wat hy verloor het toe hy die vorige keer geappelleer het teen die een wat hy gewen het!”

En toe die oom dit so mooi uiteensit, wonder ek wanneer hierdie appèlvirus nou eintlik vlamgevat het. In my dae (oukei, daar’s ek al weer) is jy deur ou Bergbobbejaan daar in die metaalwerkklas gevonnis tot ses houe met ’n rottang oor jou braaivurk skeef was.

As jy sou durf appelleer is jy na meneer Malherbe, die adjunkhoof, gestuur wat jou appèl onmiddellik van die hand gewys en jou tot vier ekstra houe gevonnis het omdat jy die hof (ag ek bedoel die hoof) se tyd gemors het.

Maar nou ja, ek was in die Hoërskool Wonderboom op skool en nie in Nskandalig Secondary nie.

Vir my was een van die mooiste stories hierdie jaar dié van die 79-jarige oom Edgar Malebo van Thaba Nchu wat sy eerste jaar as regstudent aangepak het omdat sy oorlede pa altyd wou gehad het hy moet regte swot.

As hulle Oom nie volpunte gee nie, moenie worry nie, óns sal!

Laat my toe terugdink aan my eie vader, wat ’n polisieman was maar ’n roemryke sakeloopbaan (á la Rupert en kie) vir my voorsien het.

Die volgende oggend is ek ’n BA-student en ja, Dice, die land is van ’n groot sakeleier beroof.

Die eerste aand druk ’n booswig, Dice Booysen, my teen die koshuismuur vas en vra of ek weet waarvoor BCom staan. Nee, Oom. “Dit staan vir Boetie Com huis toe, jou dom eerstejaar!” Die volgende oggend is ek ’n BA-student en ja, Dice, die land is van ’n groot sakeleier beroof (maar dankie, man, lyk my alte veel dis maar beter so).

Vriende, ’n laaste stukkie raad voor Kersfees: Dit vat 50 glase water om die lemoene te groei vir één glas lemoensap. So bly weg van lemoensap, veral as julle Kaap toe verkas!

Mooi dae, mét of sonder die regte pous!

Meer oor:  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.