Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Hy wil toe mos ’n mooi jong ‘chick’ aanstel
Martie Retief Meiring het verlede Vrydagaand die gesogte Markus Viljoen-medalje ontvang. Foto: Argief

Die gesprek gaan oor die aanstel van ’n telefoniste. Sal die man nie voorstel dat ’n “mooi jongchick aangestel word nie!

Waar ontplof die vrou van menslike hulpbronne! Afgesien van die feit dat niemand die telefoniste ooit sal sien behalwe haar onmiddellike kollegas nie, waar de hel kom hy aan hierdie ekstreme vermetelheid. Om ’n vrou ’n chick te noem. En dan nogal mooi ook.

Siestog, toe kry ek die arme man jammer. So dom, so agterlik en, wel, so seksisties. (Vra base ooit dat manlike deurwagte mooi moet wees?) Buitendien, wat en wie is deesdae mooi?

Die ou Egiptenare moes byvoorbeeld dun, lang nekke en baie ooggrimering gehad het om mooi te wees. Deur die eeue het mooi van dun tot dik, en andersom, beweeg.

In die uitspattige Lodewyke se Franse hof was dubbelkenne en pruilmondjies die mode.

Die geskiedenis van mooiwees is veel ouer as onse Hannon.

Dun middellyfies het selfs walvisvang ’n ekstra hupstoot gegee, want baleine is gebruik in die korsette waarin vroue hulle ingegord het, en dikwels flou geword het uit asemnood.

Pruike pryk het deur die eeue gedy en deesdae is dit nie net Britse regslui wat verspotte ou pruikies dra nie – pruike is deur die wêreld groot sake. As jy platsak is, kan jy selfs jou lang hare knip en verkoop, want regte hare is die in-ding.

Die geskiedenis van mooiwees is veel ouer as onse Hannon. Kalk uit die grond, modder, en allerlei plante, en selfs ekstrak uit steenkool het produkte gelewer.

In die 1900’s het ’n paar ondernemende vroue groot naam en rykdom gevestig met mooimaak, van Helena Rubinstein tot Estée Lauder, en deesdae het die groen beweging sy eie sogenaamde onskadelike, omgewingsvriendelike produkte begin lewer.

Hoewel na Nefertiti en Marie Antoinette en Marilyn Monroe as die definisie van skoonheid verwys word, is dit Hollywood wat skoonheid, oftewel “mooiwees”, die grootste hupstoot gegee het. Glamour is die sleutelwoord, en tydskrifvoorblaaie dra die boodskap uit.

Dit was ook tydskrifraad vir werksoekers wat die klem geplaas het op “lyk mooi, netjies en vol selfvertroue”, maar deesdae word “mooi” heel politiek korrek vervang deur “selfvertroue”.

Hoewel die Italiaanse intellektueel en skrywer Umberto Eco al dik boeke oor mooi en lelik geskryf het, word die mees herhaalde wysheid oor skoonheid in dié onsterflike waarheid vasgelê: “Beauty lies in the eyes of the beholder.”

“Mooi” het ook demokraties geword. Selfs modetydskrifte dollie deesdae opgefrommelde gesigte van bejaarde vroue (en mans) op met liters skoonheidsmiddels om te wys hoe “skoonheid nie vergaan nie”.

Tog, op die ou end, bly die onopgesmukte gesigte van oud en jonk dikwels die heel mooiste gesigte. Moet dit net nie vir die mooimaakbedryf sê nie. Daar is te groot geld uit wenkbroue, lippe, wange en gladde velle te make.

En intussen wag ek om te hoor of ons soeker na ’n “mooi jong chick” nog sy werk gaan behou.

Meer oor:  Martie Retief Meiring  |  Skoonheid  |  Mode  |  Werkplek  |  Seksisme  |  Chick
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.