Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Hy’s ons enigste uitweg

Lees jy Beeld of kyk jy na die nuus, dan weet jy van al die politieke en sosiale onrus, van Suid-Afrika tot doer by die Brexit-brigades. Geen wonder nie dat on­sekerheid, vrees en sulke goor emosies oral aan die orde is.

Dit is onstuimige tye waarin ons leef. Gewone mense wat net elke dag hul werk wil doen en hul brood in vrede wil eet, weet nie meer wat om te doen nie. Baie sê ons moet nou bid soos nooit tevore nie. Natuurlik moet ons!

Ons doen dit altyd. Ons roep God nie net as noodhulp wanneer niks anders meer help nie. Dan moet ons liefs nie bid nie. God is nooit ons laaste uitweg nie, Hy is gelowiges se enigste hulp en krag.

Die Here is altyd ons vesting, of ons nou langs groen weivelde loop, en of ons deur ’n diep donker dal moet worstel. Hy is ons hoop wanneer die son skyn, maar Hy is ook naby wanneer donker wolke verskyn. 

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.