Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Iets is verkeerd, en jy weet nie wat om te doen

Iets is verkeerd hier. Ons almal weet dit. Jy word soggens wakker en kyk na jou slimfoon en weet iets is verkeerd. Die opskrifte by die berigte sê dit vir jou. “Drie miljoen verloor werk weens Covid-19” of “Boer se vrou keelaf gesny”.

Die korruptes is nie net meer korrup nie, hulle het ook hul aanvoeling vir ironie verloor. Die direkteur van die Staatsdienskommissie het glo sy minnares teen ’n salaris van R1,3 miljoen aangestel as hoofbestuurder: beroepsetiek.

Jy sien aan die getal selfaangestelde predikers en motiveringsprekers iets is verkeerd. Party vind dit nodig om in ’n motor te ry terwyl hulle jou oor ’n selfoon toespreek met moeë woorde en mishandelde frases wat hul betekenis verloor het. Daardie pastoor met die biseps en die stywe hempie stap steeds al bulderende heen en weer op sy ouditorium se verhoog rond, al is dit dolleeg weens inperking. Amen.

Iets is verkeerd, weet jy, want te veel mense het nie respek vir stilte as ’n ruimte om iets suiwer in jouself en die Groot Misterie te leer ken nie. Te veel mense, gelowig en nie-gelowig, wil hê jy moet dink wat hulle dink en glo wat hulle glo.

Jy skakel die TV aan en weet iets is verkeerd. Die leier van die vrye wêreld is ’n boelie, ’n inspirasie vir miljoene ander boelies.

Jy sien aan die getal stryders vir die Afrikaanse taal wat nie behoorlik kan spel nie iets is verkeerd. Jy sien dit in die tenderpreneur se langpuntskoene en die maatskappyhoof se banale hoë jaarlikse vergoeding. Jy sien in die magstryd op jou buurt se WhatsApp-groep iets is verkeerd.

Jy skakel die TV aan en weet iets is verkeerd. Die leier van die vrye wêreld is ’n boelie, ’n inspirasie vir miljoene ander boelies. Die internasionale politiek is soos ’n skool se speelterrein. Net met regte bomme, nie waterbomme nie.

Jy voel in jou eie verskeurdheid iets is verkeerd. Jy lê snags in jou bed terwyl dit buite reën en wonder hoe dit moet wees om in ’n sinkhut te slaap. Jy word kwaad vir dié wat in die naam van die Black Lives Matter-beweging plekke plunder en beroof, maar jy word net so vies vir iemand wat sê “all lives matter”, terwyl jy weet daardie een sal enigiets sê om sy of haar bevoorregting te regverdig en te beskerm.

Die virus het nie alles verkeerd kom maak nie, die virus is net die kryt waarmee die verkeerde prentjie in somber kleure ingekleur word.

Jy wil nie hê van die standbeelde van Afrikanerleiers moet verwyder word nie, maar jy voel ook nie tuis by mense wat die ou Suid-Afrikaanse vlag verheerlik nie.

Jy lees se Umberto Eco se woorde “We are witnessing the disappearance of something that used to ensure individuals could resolve the various problems of our time in a homogeneous fashion” en voel verdrietig.

Jy besef iets is verkeerd, want daar is geen leier meer wie jy wil volg nie. Jy verlang na die dae toe staatshospitale nog gewerk het soos dit moes, toe munisipale amptenare nog bekwaam was en die strate en woonbuurte veilig.

Die virus het nie alles verkeerd kom maak nie, die virus is net die kryt waarmee die verkeerde prentjie in somber kleure ingekleur word. Jy wil iets doen, jy wil desperaat iets doen, maar jy weet nie mooi wát nie, want iets is verkeerd hier.

Meer oor:  Menings  |  Dana Snyman  |  Van Alle Kante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.