Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
In die tyd voor Jimmy die Here ontmoet het

Jimmy Abbott vertel, hy sê, dit was voor ek die Here ontmoet het. Ek en my vroutjie en dogtertjie gaan die aand drive-inn toe. Krugersdorp. Ek het toe nog geboks.

Ons watch ’n lekker moewie. Sylvester Stal­lone, een van daai. Ek het toe so ’n wit Merciedies gery, wat Pierre-rie Fourie vir my gegee het. Jy onthou mos vir Pierre-rie Fourie?

Dana Snyman

Ons kyk die moewie en relax. Jy train die hele week. Môre is jy weer in die gym.

Toe die moewie klaar is, ry ons saam met die ander karre uit. Jy weet mos daar waar jy by Ontdekkers inkom by die drive-inn, net daar toe kom een van hierdie Rovers van die stad se kant af en jaag voor my in.

Ek briek, ou pêl, en mis hom net, daai Rover. Dis net tyres. My dogtertjie skiet vorentoe en slaat haar gesiggie teen die dash board. Sy huil. Toe raak ek mal. Jy doen nie dít aan my kind nie.

Ek maak daai Merciedies se deur oop. In daai tyd as jy my gekyk is, is dit oraait. As jy my ’n tweede keer kyk, kry jy pakslae. Ek wil die ouens in daai Rover gaan uitsort. Maar toe swaai hulle by die drive-inn in. Nou jaag hulle by die drive-inn in terwyl die laaste karre uitkom. En ek agterna.

In daai tyd as jy my gekyk is, is dit orraait. As jy my ’n tweede keer kyk, kry jy pak slae.

Daai Rover gaan so oor daai drive-inn se hobbels, gaan oor daai hobbels; en ek is agter hom in daai wit Merciedies.

Jy onthou mos vir Pierre-rie Fourie? Dáái ou kon boks.

Ek weet nie wat die ouens in die Rover ge­scheme het nie. May be het hulle gedink hulle kan so escape. Ons gaan oor daai hobbels en ek keer hulle in die hoek van die drive-inn vas, daar agter. Die ligte brand nog. Hulle stop, en ek stop.

Drie ouens klim uit daai Rover. En hulle is groot, ou pêl. Gróót. Nigerians. Ek dink dit was Nigerians. Drie.

My vroutjie sê: Jimmy, los. Ek sê: Niks van los nie, skattie. Sy asseblief Jimmy nog, toe’s ek al buite. Ek het toe nog nie die Here ontmoet nie, onthou. Ek ry toe nog met ’n baseball bat onder die seat.

Ek trek daai bat onder die seat uit en stap om die Merciedies. En daai Nigerians kom nader. Ek worry nogal ’n bietjie. Hulle is groot en hulle is drie.

My maggies, sien ek: In die Rover, op die agterseat, aan my kant, sit nog ’n Nigerian, maar hy slaap of is uitgepass of iets. Hy sit net daar, met sy oë toe. En die ruit by hom is oop.

En daai drie kom vir my. Hulle kom vir my. En ek lig daai baseball bat.

Ek lig daai bat en slaat daai een wat op die agterseat slaap of uitgepass is deur die oop ruit. Ek slaat hom hier. Reg voor die kop. Hard. Dis net bloed.

Daai drie was so gerattle hulle kon nie gou genoeg in daai Rover spring en wegjaag nie.

Wie slaan ’n slapende man, hè? Dis die mens wat ek eers was.

  • Jimmy het die storie jare gelede vir my vertel. Hy is gister begrawe. Rus sag, Jimmy.
Meer oor:  Dana Snyman  |  Meningsberig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.