Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
In Trump se tyd is onkunde die antichris

Charles Smith

Die videoboodskappe wat ons mense rondstuur oor hoe gevaarlik die entstof teen Covid-19 is, laat jou in yskoue sweet uitslaan.

Hoe dodelik kan onnoselheid en vals nuus nie wees nie. Hierdie waninligting, dat die entstof wat miljoene mense gaan red vol mikroskyfies is wat jou lewe gaan beheer, is net so gevaarlik soos die virus self. Die video’s word deur YouTube verbied, maar ons mense stuur dit rond en deel dit op Facebook.

Ons is (amper) van Donald Trump, Jacob Zuma en Ace Magashule ontslae, maar dit gaan baie moeiliker wees om hul nalatenskap ongedaan te maak, soos fopnuus wat tot ’n dodelike kultus gegroei het.

Hoe harder wetenskaplikes werk om siektes en pandemies te beveg en die aarde te red terwyl ons vinnig verskroei, hoe meer populiste soos Trump is daar wat die wêreld met hul onkunde besmet. Hy het die term “fopnuus” geskep om die media van sy geraamtes in die kas weg te hou, en dit het só goed vir oningeligte massas gewerk dat hy die wêreld met vals nuus begin bombardeer het.

Die nuwe wêreldorde is ’n groep met Bill Gates as een van hulle leiers. Hulle glo dat die mens die wêreld moet dien en het die Drie-enige God nie nodig nie, want hulle is almagtiger.
Die Profeet van Benoni

Met die hulp van tjom Wlad. Sy volgelinge help om die strooi te versprei. Die anti-vaxxers en die 666-brigade wat liberale as die antichris sien en die nuwe-wêreldorde-spookvangers het ’n nuwe asem gekry. Die 5G-gevaar is nou Covid-entstof met mikroskyfies in waarop “satan” staan, of só iets. Ek vra die week een ou wat my op Facebook oor die nuwe wêreldorde waarsku, wie en wat dié ouens is. Eens was dit die “rooi gevaar” tot Trump en Wlad hand om die blaas is, toe moes ander skurke as die Russe gesoek word.“

Die nuwe wêreldorde is ’n groep met Bill Gates as een van hulle leiers. Hulle glo dat die mens die wêreld moet dien en het die Drie-enige God nie nodig nie, want hulle is almagtiger,” sê die profeet van Benoni. “Hulle sê dat daar geen landsgrense moet wees nie, een taal, een geldeenheid en dat die Christene van die Bybel ’n klomp snert is . . .

”Die Bill Gates-stigting bestee miljarde dollar om siektes soos vigs in Afrika te beveg en boere op te lei om volhoubaar te boer, bemagtig vroue en ondersteun studente om hul studies te voltooi. Hy gebruik sy geld om die wêreld ’n beter plek te maak, anders as die nuwe rooi gevaar wat belasting ontduik en die wêreld gevaarliker maak met sy klimaatsontkenning.

Een van die verskynsels van Trump, Ace en Zuma se populisme is hoe giftig die vroue is wat hulle beskerm. Toe Ace in die hof was, is ek ’n paar keer deur vroue gedreig en geklap. Kyk hoe Afrikaanse vroue die wetenskaplike Dave Pepler aanval en slegsê ná sy artikel oor Trump.

Ek wonder hoe hulle hul kinders opvoed en leer as hulle nie lees nie. Die nuwe wêreldorde bestaan wel, besef ek. Dit is onkunde wat doelbewus uitgebuit word vir populistiese gewin. Opgesweepte, onkundige mense versprei fopnuus. Dit is die antichris.

Meer oor:  Donald Trump  |  Charles Smith  |  Antichris  |  Fopnuus  |  Onkunde  |  Ondersteuners
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.