Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Inenting vereiste vir reis?
Foto: istock

Terwyl al hoe meer mense wêreldwyd teen Covid-19 ingeënt word, oorweeg lande – van Switserland tot Israel – die gebruik van entstofpaspoorte of -sertifikate as voorwaarde vir internasionale reise sodat ekonomieë vinniger kan heropen. Maar so ’n paspoort hou ook risiko’s in, veral vir arm en kwesbare gemeenskappe.

“Entstofsertifikate moet versigtig gereguleer word, met ’n duidelike definisie van die doel daarvan. Dit mag nie gebruik word om mense te keer om te reis of aan sosiale byeenkomste­ deel te neem nie,” sê Melody Patry, direkteur van Access Now, ’n nieregeringsorganisasie wat hom beywer vir mense se digitale regte.

Patry meen dit hou ’n groot risiko vir privaatheid in indien sensitiewe data oor gesondheid in owerhede soos doeanebeamptes of die polisie se hande geplaas word.

Dit kan selfs mettertyd lei tot permanente reëlings om mense se gesondheid dop te hou en wek kommer oor mense se vryheid van beweging en assosiasie.

Of jy nou ’n gebou of ’n land binnegaan, die misbruik van so ’n dokument kan mense se vermoë beperk om toegang te verkry tot noodsaaklike dienste, werk- en studie-geleenthede. Dit kan reisplanne en deelname aan die burgerlike lewe belemmer, meen Patry.

Alexandre de Juniac, direkteur-generaal van die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata), sê entstowwe – saam met die toetsing en opsporing van Sars-CoV-2-gevalle – speel ’n belangrike rol in die hervatting van internasionale reise.

Iata­ stel eersdaags ’n spesiale “reispas” bekend wat pendelaars sal help om besonderhede, soos hul inenting en toetsresultate, digitaal te bestuur.

Iata­ stel eersdaags ’n spesiale “reispas” bekend wat pendelaars sal help om besonderhede, soos hul inenting en toetsresultate, digitaal te bestuur.

Hy meen internasionale standaarde is nodig vir die uitreiking van entstofsertifikate en toetsdokumente. Dit bly belangrik dat mense beheer behou oor hul persoonlike data, hoewel sommige inligting geïntegreer­ moet word in stelsels wat gebruik word vir reisreëlings.

“Dit sal onmoontlik wees om miljarde reisigers (se dokumente) op enige ander manier doeltreffend te verwerk,” sê hy.

Imogen Parker, beleidshoof van die Ada Lovelace-instituut, sê regerings wat sulke paspoorte wil gebruik, moet duidelik uiteensit wat die doel daarvan is. Sy meen die publiek moet ook weet hoe die ekonomiese voordele daarvan opweeg teenoor die vryhede wat daardeur ingeboet word. Die Ada Lovelace-instituut doen navorsing oor data en kunsmatige intelligensie.

Parker meen kwesbare groepe teen wie so ’n paspoort gebruik kan word, is werkers sonder werksekerheid, diegene wat nie ingeënt kan of wil word nie en diegene wat bekommerd is oor oormatige waarneming (van hul bewegings en data).

Kevin Trilli, produkhoof van Onfido­, reken entstofpaspoorte “is ’n eenvoudige, gerieflike instrument wat vinnig ingestel kan word om internasionale reise en sosiale geleenthede weer aan die gang te kry”.

Onfido, ’n tegnologiemaatskappy, help ondernemings om mense se identiteit te bevestig deur ’n foto, ’n selfie of algoritmes wat van kunsmatige intelligensie gebruik maak.

Trilli sê dit sal moeiliker wees om ’n digitale entstofpaspoort te vervals en dit sal maklik wees om te gebruik.

Hy voorsien dat so ’n paspoort oor verskeie elektroniese toestelle heen gebruik kan word en dat mense ook daardeur in kennis gestel kan word wanneer hulle ’n bykomende inenting benodig of wanneer ’n inenting verval.

Big Brother Watch is ’n Britse nieregeringsorganisasie wat fokus op regerings se waarneming van mense en die bedreiging wat dit vir mense se burgerlike vryhede inhou.

Pleks van om ’n stuk papier met jou saam te dra, kan jou selfoon sorg vir naatlose gebruik wanneer jy reis. Maar om dit reg te kry, moet ’n persoon se digitale identiteit met sy inentingsertifikaat verbind kan word deur inligting wat onder meer van regerings bekom moet word. Dit kan steeds gedoen word terwyl jou ander persoonlike data beskerm word, voer Trilli aan.

Big Brother Watch is ’n Britse nieregeringsorganisasie wat fokus op regerings se waarneming van mense en die bedreiging wat dit vir mense se burgerlike vryhede inhou.

Silkie Carlo, direkteur van dié organisasie, sê prontuit entstofpaspoorte dien geen doel nie, “tensy die (Britse) regering probeer om ’n drakoniese waarnemingstaat te vorm . . .”

Sy sê binne die volgende paar weke sal almal (in Brittanje) toegang hê tot inentings, waarna sterftes en hospitalisering sal afneem. “En dan sal ons ons vryhede terugkry.”

Maar, waarsku Carlo, daardie vryheid sal verdwyn indien mense gedwing word om entstofpaspoorte te dra en dit sal lei tot ’n distopiese gemeenskap wat diskrimineer teen diegene wat nie ingeënt is nie.

Tom Fisher, senior navorser van Privacy International, ’n nieregeringsorganisasie wat hom beywer vir mense se reg op privaatheid, sê so ’n paspoort sal lei tot uitsluiting en diskriminasie. Dit sal volgens hom miljarde mense keer om internasionaal te reis. Boonop word toegang tot entstof en identiteitsdokumente ook verbind met kwessies soos ras, klas en geslag.

“Ons kan klaar sien hoe entstof-paspoorte gebruik gaan word om breër digitale identiteitstelsels te bevorder. Dit skep die risiko van uitsluiting en uitbuiting, veral as dit in ’n pandemie ingestel word sonder die nodige toesig en aanspreeklikheid.

“Ons wil almal graag ’n einde hê aan die beperkings wat die pandemie meegebring het, maar die bekendstelling van ’n entstofpaspoort het die risiko om ons in ’n permanente toestand van pandemie te plaas.” – Thomson Reuters Foundation

Meer oor:  Inenting  |  Inentings  |  Reis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.