Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Innovering en vindingrykheid kan heling help
Nico Koopman

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Christen-denker C.S. Lewis studente en personeel van die Universiteit van Cambridge toegespreek. Hy het gesê die oorlog is ’n tyd van die intensifisering van bestaande probleme, krisisse en sorge. Dit is ook ’n tyd van innovasie, vernuwing en vindingrykheid.

Met die Covid-19-pandemie ervaar ons die intensifisering van bestaande probleme soos siekte en sterfte, armoede en ongelykheid, werkloosheid en honger, korrupsie en wantroue, geweld in woonbuurte en op plase, geweld teen vroue en kinders. Te midde van die verwondheid hunker ons na heling: fisiek, psigies, geestelik, moreel, ekonomies, ekologies, sosiaal en gender.

Elke jaar op 25 November fokus ons wêreldwyd op gendergebaseerde geweld en die uitwissing van geweld teen vroue. Van vandag tot 10 Desember, Internasionale Menseregtedag, is ons betrokke by die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.

Gendergebaseerde geweld is een van die duidelikste gesigte van wreedheid en verwondheid in ons samelewing. Gedurende die pandemie het dit in verskillende lewensverbande toegeneem.

In hierdie jaar van Covid-19 waarin gender­gebaseerde verontmensliking meer intensief is, moet ons meer vasberade en meer innoverend werk aan die oorkoming van dié euwel.

Die Grondwet verklaar heling, saam met menswaardigheid, geregtigheid, vryheid en gelykheid, as die grondbeginsels waarop ons samelewing gebou word. ’n Mens bly jou daaroor verwonder dat in ’n wetlike dokument so uitdruklik van heling van mense gepraat word!

In die Christelike tradisie word verkondig dat die wonde van Christus heling bring vir alle wonde waarmee mense leef. Deur Christus se wonde kom daar genesing vir alle wonde (Jesaja 53:5).

Vir meer as twee dekades pleit internasionale ekumeniese kerkliggame vir die vorming van vennootskappe wat die menswaardigheid van mense van alle geslagte en seksuele oriëntasies erken, bevorder en gestalte laat kry; vennootskappe wat gender-heling, gender-geregtigheid, gender-vryheid en gender-gelykheid teweegbring. Gendergeweld gedy waar dié werklikhede nie geprioritiseer word nie.

In hierdie jaar van Covid-19 waarin gender­gebaseerde verontmensliking meer intensief is, moet ons meer vasberade en meer innoverend werk aan die oorkoming van dié euwel.

Die insigte uit sekulêre en godsdienstige tradisies voed eerstens ons bewustheid van die verwonding: in ons gewaarwording van die krisis en ons aanvaarding daarvan as ’n morele uitdaging. Tweedens help ons sekulêre en godsdienstige bronne ons om navorsing te doen, te besin, te beplan en te organiseer teen dié euwel. Dié tradisies help ons, derdens, om apatie te oorkom en om op energieke wyse agente van heling te word – agente wat self stukkend is en as gewonde helers funksioneer.

Covid-19 daag ons uit tot innovasie. Ons helende praktyke vra vir niks minder nie as die mees intensiewe en innoverende response.

  • Koopman is ’n teoloog en viserektor aan die Universiteit Stellenbosch.
Meer oor:  Nico Koopman  |  Geloof  |  Pandemie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.