Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Om dinge in stand te hou toe nie apartheid

Die besef dat diversiteit, bemagtiging en regstelling nie bereik word deur mense, ongeag hul toepaslike ervaring of kwalifikasies, in kernposte te prop nie, begin teen ’n duur prys by sommige – ook net sommige – maghebbers posvat.

Dit was die kernstrategie om apartheid en veral die gevolge daarvan ongedaan te maak. Want ’n beter lewe vir almal was die groot politieke belofte van wat die vryheidstryd genoem is.

Barnard Beukman

Nou weet ons dit het grootliks misluk. Vet salarisse vir ’n uitgesoekte elite­, asook ongereguleerde toegang tot tenders vir staatskaping en selfverryking was die grootste gevolg.

Om alle moontlike bronne en kundigheid so doeltreffend moontlik aan te wend, om die gewone ou te bemagtig, was klaarblyklik nooit die plan nie. Dit is ook nie die sosialistiese model nie.

Gou is een van die grootste struikelblokke om toegang tot poste te kry, veral in tegniese omgewings soos Mossgas, munisipale rioolaanlegte, waternetwerke en elektrisiteitsnetwerke, ervaar as die uitputtende en voortdurende instandhoudingsprogramme. En in sommige gevalle die minimum kwalifikasies wat daarvoor benodig is.

“Ons het werklik gedink dit is ’n onnodige mors van bronne en ’n verskoning deur die wit mense in die poste om daaraan vas te klou. Om elke drie maande ’n pypie, draadjie, buisie of veertjie met ’n ingewikkelde proses te gaan vervang, het net gek voorgekom. Dít vir goed wat in elk geval langer hou,” sê ’n voormalige hooggeplaaste in ’n gesprek.

Gou-gou is omgewings waarvoor ’n universiteitsingenieur altyd nodig was toeganklik gemaak vir technikon­ingenieurs of N7-sertifikaathouers, word vertel.

’n Mens kan selfs byvoeg: ook vir diegene met die regte politieke en familiebande. (Dit het ook baie uiters bekwame swart talent uitgesluit, van wie baie ook uitgewyk het buiteland toe.)

Die pad na herstel gaan lank en moeilik en duur wees. Maar herstel is uiteindelik moontlik as daar nou in die regte rigting beweeg word.

Moontlik was dit deel van die gif van apartheid, dat dit wantroue oor enigiets gesaai het – ook normale diensleweringspraktyk. Of dalk was dit grootliks die kaping deur die sosialistiese elite en hul direkte onderdane, wat met salarisse beloon moes word. En benewens ’n beter lewe vir hulself, was dit vir die grotere samelewing steeds relatief.

Punt is, staatsondernemings soos Eskom gaan nie reggeruk word met noodvergaderings en of die president binne of buite die land is nie. Daar gaan nou reeds fundamentele denkskuiwe moet wees sodat ons nie oor 20 jaar in dieselfde gemors sit nie: Skrap swartbemagtigingsvoorskrifte en regstellende aksie eens en vir altyd. As dit tot standhoudende bemagtiging en regstelling van ’n samelewing gelei het, sou die gevolge anders gelyk het;

Stel die bekwaamste mense aan vir elke rol – ongeag kleur, geslag of geloof. Honderdduisende passasiers gaan uitval en as stemvee verloor word, maar uiteindelik gaan ons juis gouer beter dienslewering en bemagtiging van ’n hele samelewing kry;

Staak oormatige betrokkenheid van die staat by die huidige staatsondernemings en antwoord die vraag wat Tito Mboweni per geleentheid in die parlement gevra het eerlik: Het ons dit werklik nodig?

Tog lyk dit of die werklikheid van ekonomiese kragte besig is om stadig en pynlik daarmee te handel.);

Privatiseer waar nodig en vervang die massa derderangse bestuurslui met mense wat die werk kan doen; en

Staak politieke korrektheid en werk oor alle grense heen saam teen die ondermyners en staatskapers wat dinge steeds oor die afgrond wil stuur.

Die pad na herstel gaan lank en moeilik en duur wees. Maar herstel is uiteindelik moontlik as daar nou in die regte rigting beweeg word.

Meer oor:  Barnard Beukman  |  Apartheid  |  Instandhouding  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.