Wanneer het jy genoeg? Volgens die meeste mense is genoeg altyd meer as dit wat hulle op die oomblik het. Of hulle nou brandarm of skatryk is – hulle wil méér hê. Geen wonder Prediker 5 sê daardie mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg nie. Net nog ’n bietjie ekstra, dan sal hulle gelukkig wees. Of nog baie ekstra!
Dit is hoekom selfs die rykste mense ook nie aldag tevrede is nie. En hoekom baie van hulle suinig en gierig is. Om tevrede te wees met die bietjie of baie wat jy het, is ’n Bybelse opdrag. Nee, dit beteken nie jy moet agteroorsit en niksdoen of dat jy nie ambisieus mag wees nie. Inteendeel. Dit beteken jy is tevrede in die Here. Jy leef met dit wat jy vandag besit om Hom te verheerlik. Dan is daar rus in jou gemoed en het jy oorgenoeg om elke dag selfs iets te deel met ander