Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Jag verdien géén plek in Botswana se bewaringsplan
Foto:

In sy ManFriday-rubriek in dié ruimte (13.08) verdedig Tony Weaver Botswana wat sy jagverbod opgehef het. Persoonlik “verstaan hy nie heeltemal wat jagters motiveer nie”, maar intellektueel ondersteun hy dit “as ’n belangrike stuk gereedskap om Afrika se wild en natuur te bewaar”.

Dit ondanks die Wêreldbewaringsunie (IUCN) se verklaring dat jag nie met “volhoubare gebruik” versoen kan word nie.

Weaver bied min wetenskaplike bewyse om sy standpunt te steun, moontlik omdat die wetenskap oor jag sê dit kan net werk “mits dit goed bestuur word”. Met ander woorde, net in Utopia.

Volgens Weaver is die kritici van die besluit meestal van buite Botswana. Baie toerisme-operateurs en nieregeringsorganisasies in Botswana ondersteun nie die trofeejag van olifante nie. Hulle en hul eweknieë in Namibië en Tanzanië is egter huiwerig om dit in die openbaar te erken omdat hulle bang is hulle verloor hul permitte.

’n Algemene manier om jag in Botswana te regverdig is deur te sê die land het te veel olifante wat die natuur se “dra-kapasiteit” oorskry. ’n Aantal gerekende internasionale olifantkenners het ’n brief aan pres. Mokgweetsi Masisi geskryf wat dié bewering weerlê. ’n Onlangse artikel in ’n akademiese vaktydskrif bewys ook dié redenasie as vals.

’n Algemene manier om jag in Botswana te regverdig is deur te sê die land het te veel olifante wat die natuur se “dra-kapasiteit” oorskry.

Weaver se betoog dat “die verbod ’n vernietigende uitwerking op landelike gemeenskappe gehad het wat daagliks met wilde diere te doen het” en dat “die mikro-BBP in sommige gemeenskappe met meer as 40% afgeneem het”, is nie ’n redenasie wat in die guns tel van die opheffing van die jagverbod nie. Die wyse waarop die verbod ingestel is, was problematies en sommige landelike gemeenskap het ’n wrok daaroor.

Verminderde inkomste is nie ’n outomatiese rede vir die herinstelling van jag nie, veral nie as die ekonomiese geleentheidskoste en die genetiese verlies van olifante met groot tande nie verreken is nie.

Namibië se bewaringsmodel word geloof as die inspirasie van Masisi se besluit, en Weaver haal Pohamba Shifeta, Namibië se minister van omgewing en toerisme, aan wat sê dat die sukses van landelike bewaringsgebiede aan jag toegeskryf kan word omdat dit lewensmiddele aan gemeenskappe verskaf. Is dit regtig so?

Hoewel dit mag waar wees dat jag lewensmiddele aan sommige gemeenskappe voorsien, is dit nie duidelik dat jag dié gemeenskappe op lang termyn die beste sal dien nie. Shifeta erken egter dat daar geïsoleerde voorvalle van korrupsie, diefstal en selfverryking is.

’n Mens kan aanneem hy het na die jag van die bekende olifantbul Voortrekker verwys. Die regering het ’n permit uitgereik om Voortrekker as ’n “probleemdier” te skiet, maar dit het geblyk hy was nie een nie.

Ongelukkig vir Shifeta is dit kwalik geïsoleerde voorvalle. Die wêreldwye jaggemeenskap sukkel om die vrot appels te verdring.

Selfs die beste wetenskaplike betoë ten gunste van jag kom met die ernstige voorbehoude dat dit net kan werk as dit goed bestuur word. Maar die probleem met dié voorbehoude is dat dit nie uitgevoer kan word nie.

Goeie bestuur en die aard van die dryfvere van jag kan nie met mekaar versoen word nie.

  • Dr. Harvey is ’n ekonoom betrokke by onder meer The Conservation Action Trust.
Meer oor:  Botswana  |  Jag  |  Natuurbewaring  |  Olifante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.