Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Johannes gan besef hy issie special ie

Johannes Jacobus wêk ie, maa Johannes het altyd geld om oppe Donneragoggend inne cafe in Seapoint te sit en te bitch oorie feit dat mense soes ôs, creative mense, ’n swaa liewe ly.

Asof ek en hy dieselfde is. Ek het meer jobs as wat ek kan tel of kan doen en dai is al way wat ek vi die overpriced koffie kan betaal wat ek bieter byrie hys sal kan gemaak et. Maa it was Johannes se idea dat ek hom daa moet kry. Johannes iet elke dag breakfast inne lekke klein plekkie wat net ’n blok weg is van waa hy bly.

Ek skud maa net my kop en sug in medelye as ek met Johannes praat, wan ek hettie die lus of die krag om vi hom te sê hy moet sy gevriet hou, wan hy isse privileged wit fokop wie al ’n dysend kanse in life gegie was en nog ’n dysend kanse oo hettie.

Johannes bly veniet inne flat in Sea-point in iemand se hys wie hy nie kennie, en wie nie vi hom kennie. Die man wie se flat it is bly in Londen, hy het vi Johannes inne bar gemeet en toe Johannes vi hom sê hy hettie oppie oomblik ’n blyplek ie (kyk daa, jy hettie blyplek ie, maa jy kan inne bar sit met iemand wie ’n hys in Londen enne hys in Seapoint het), toe sê die man hy kan in sy flat bly, wan hy gan alwee die next dag trug London toe.

Johannes bly veniet inne flat in Sea-point in iemand se hys wie hy nie kennie, en wie nie vi hom kennie.

Johannes isse struggling, jack of all trades artist. Maa sy wit vel isse all access lanyard wat elke deu vi hom oepmaak. Is swaa om te vestaan vi my, Johannes is ampe soese leprechaun, ek wiettie waa die geld vandaan kom ie, hy het it maa net wanne hy it makee. Hy is arm maa hy het altyd petrol in sy kar. Ek wiettie hoe it wêk ie. Anyway, it issie Johannes Jacobus se skuld dat hy nie wêk ie. Hy struggle mette mental condition, it is iets wat ek al in baie ou, failed, wit artists gesien et.

Die mental condition wêk soe: Johannes is eintlik iemand wie ’n manager by ’n skoenefabriek moet wies, iets wattie baie dink-wêk makee nie. Maa Johannes se ma en pa sê vi hom van kleins af hoe special hy is. Hy hette girlfriend gehad toe hy ’n teenager was, wie meer moronic as hom was wie vi hom gesêrit hy het ’n beautiful mind en die car guard noem vi hom heeltyd my lanie as hy met hom praat. Al die goed feed die suspicion in Johannes dat hy brilliant is.

Johannes gloe hy het iets van groot belang om mettie wêreld te deel. En mettie wêreld bedoel ek Stellenbosch, wan Johannes wil big wies in Afrikaans. Hy gloe hy isse mad genius. Hy gloe iemand gan hom nog eendag discover. Hy is ampe vyftag jaa oud, hy het niks talent soevê ek kan sien nie, al wat hy het, is wat alle regte artists makee, hy hette patron. Die wêreld is sy patron, sy wit vel is sy work of art. Anne wit mense sien hy het dieselfde vel soes hulle, en dan wil hulle vi hom goed doen. Hulle wil hê dai wit vel moet sukses bereik, wan elke wit vel wat fail, is ammel se failure.

Jy might dink Johannes het miskien ’n goeie personality of miskien is hy baie good looking. Nope. Johannes het die gesig vanne homeless, German pervert en hy het die personality vanne average wit man. Maa hy het al twie unpublished boeke geskryf enne lang poem innie style van Jack Kerouac se On the Road, wie niemand ooit gan publish ie, wan it is bad imitations van William Burroughs opgemix mette bad imitation van Philip K. Dick.

Johannes se grootste ambition is om weird te wies, ’n kooky filosoof, die soot van wie American mense altyd sê: “He is either crazy or a genius or both.” Hy is niks van dai nie of course. Hy is deluded meestal.

Ek kyk vi Johannes an tewyl hy praat en dink: “Jy dink rêrag iemand gan jou eendag discover. Die ienagste mens wie vi jou gan discover issie cleaning lady wie jou lyk gan discover. Dai dag wanne jy suicide gan commit, dai dag wat jy besef mense het gelieg vi jou, jy issie special ie.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Sypaadjies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.