Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Juis in tye soos hierdie is die lag bevrydend
Prof. Hennie van Coller

Dante se Divina Commedia (Goddelike komedie) word beskou as van die grootste letterkunde van alle tye. Dit vertel van Dante se afdaling na die hel en uiteindelike opstyging na die hemel. Opvallend genoeg sou hierdie hellevaart, volgens Dante se vertelling, begin het op 8 April 1300 en geëindig het op 14 April, net mooi 720 jaar gelede.

Dante se Goddelike komedie word dikwels gekontrasteer met Boccaccio – nóg ’n Italiaanse digter – se “menslike komedie”, Die Decameron. Hierdie werk bestaan uit 100 stories wat tien vriende vir mekaar vertel op ’n landgoed naby Florence, terwyl die Swart Dood (die pes) in 1348 in Italië heers. In afsondering met vrees en verveling wat almal bedreig, raak die stories ’n reddingsboei vir die vriende. Baie van die stories was nie oorspronklik nie, maar word op interessante wyse nuut vertel. En baie is nie stemmige vertellings met sedelessies, gepas vir ’n tyd waarin almal die dood vrees, nie.

Van hierdie verhale is juis aards, vol seks en skunnige taal en situasies. Menslike gebreke en wellus-tige begeertes word in baie van die ver-hale genadeloos aan die kaak gestel. Dik-wels is die satiriese verhale vol humor.

In 1400 verskyn Geoffrey Chaucer se versameling verhale The Canterbury Tales. Dit bestaan ook uit ’n klomp verhale wat ’n groep pelgrims aan mekaar vertel, eweneens in April tydens die naderende Europese lente. Ook hierdie verhale wissel van vrome gelykenisse tot skurwe stories van ower-spel en ander seksuele vergrype.

In die Afrikaanse letterkunde het Boccaccio se werk ook spore gelaat op Etienne Leroux se Sewe dae by die Silberstein.

In die Afrikaanse letterkunde het Boccaccio se werk ook spore gelaat op Etienne Leroux se Sewe dae by die Silbersteins waar ’n klomp mense op die Welgevonden-landgoed verkeer. In hierdie hipermoderne ruimte maak die Middel-eeuse pes sy intrede en moet die gaste nood-gedwonge met mekaar verkeer in hierdie afgeslote ruimte.

Marita van der Vyver se roman Wegkomkans handel weer oor ’n groep vriende en hul jaarlik-se byeenkomste waarin “stories” in die vorm van persoonlike ontboesemings ’n rol speel. Hier is die pes wat op die agtergrond almal bedreig die noodtoestand van die middel-tagtigerjare van die vorige eeu.

Byna 700 jaar later steier Italië nou weer on-der nóg ’n gevaarlike siekte en is mense weer in isolasie. Soos in bykans elke land in die wêreld.

En hier in Suid-Afrika is dit selfs nie eens moontlik om as vriende saam te verkeer en mekaar te vermaak nie.

Ondernemende mense het prosa- en poësie-kettings begin waarin jy verhale of gedigte aanstuur vir vriende én vreemdelinge. Dikwels jou eie (of jou eie variasie op ’n bekende tema); soms jou gunstelinge. Vir party bied sedelessies met ’n flinke dosis dweperigheid vertroosting; vir ander juis vertellings wat ’n hele ent onder die belt is.

Moenie neerkyk op ligsinnigheid nie: Juis in tye van morbiditeit is die lag bevrydend.

Meer oor:  Hennie Van Coller  |  Lag  |  Covid  |  Komedie  |  Korona  |  Letterkunde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.