Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Jy het oorgenoeg vermoë om lief te hê

Alles en almal het ’n sekere vermoë. Enige motor kan net soveel bagasie neem. Sel­fone en rekenaars het ook net soveel geheue en ruimte.

Dieselfde gebeur met ons as mense. Ons raak vol. Dit lei ek af as ek opmerkings hoor soos: “Ek is nou behoorlik keelvol.” Dan weet ek iemand se geduld-ruimte is opgebruik. As iemand iets sê soos: “My beker loop oor van dankbaarheid,” dan weet ek hul vermoë vir blydskap is oorskry. Dit lek al uit oor hul lippe.

Ons elkeen het ’n vermoë vir enigiets, van geduld tot vergifnis. Petrus is bekend om sy “ruim” aanbod aan Jesus daar in Matteus 18 om sy eie vermoë vir vergifnis van drie keer na ’n volle sewe keer op te stoot. Terwyl die godsdienstiges van sy dag met ’n vermoë van drie vergifnisse per persoon werk, is Petrus bereid om dit meer as te verdubbel.

Maar Jesus is nie beïndruk nie. Nie sewe keer nie, maar 70 maal sewe keer! Dit is sy standaard. Ons vermoë vir vergifnis is nie naastenby so beperk soos wat Petrus dink nie; ook nie ons vermoë vir liefde en omgee nie.

God het ons vermoë eindeloos vergroot. Ons benut dit net nie. Ons verkies steeds daardie verbode vermoë om te haat, te skinder en te wantrou. Ons het altyd vermoë vir nog iemand van wie ons nie hou nie.

Jesus roep ons op tot ’n hoër standaard – Syne. Hy het reeds eindelose nuwe vermoë in ons vir liefde geskep. Gebruik dit.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Goeie Nuus  |  Rubriek  |  Mening  |  Godsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.