Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Menings
Jy is nie minderwaardig

“Jy ly aan ’n minderwaardigheidskompleks.” Dít het ek ’n onderwyser eenkeer vir ’n klasmaat hoor sê. Dit het vir my na ’n ernstige siekte geklink. Ek het gewonder of ’n mens daaraan kan doodgaan. Inderdaad! Nou ja, dalk nie fisiek nie, maar innerlik wel.

Om minder waarde in jou eie oë te hê as wat die Here aan jou toeken, of as wat jy jouself behoort toe te reken, is pure lyding. Boonop is dit onnodig. Sulke komplekse steel die vreugde van die lewe onder jou uit.

Hoor hier, jy is nie minder werd as enigiemand anders nie. Moenie dat die lewe, of ander mense, of jyself dit jou probeer wysmaak nie. Trouens, jou waarde is só hoog dat Jesus jou raak gekyk het toe Hy ons almal se seer en gemors op sy eie skouers gelaai het by Golgota. Jou waarde is só hoog dat God jou op jou naam ken omdat jy glo. Jy is kosbaar. Punt!

Laat staan daardie “ja, maar”. Moenie langer ly onder jouself nie.

Meer oor:  Sielsgoed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.